Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Poste gesnoei, miljoene gespaar
Athol Trollip

Met minder mannekrag in die burgemeester se kantoor, spaar die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit nou byna R50 miljoen aan salarisse.

Onder die nuwe leierskorps in die metro is 45 “oorbodige” poste gesny, wat die munisipaliteit dié bedrag oor die volgende vyf jaar sal spaar.

Die poste is in die kantoor van die burgemeester, onderburgemeester, hoofsweep en speaker.

“Die politieke kantore is onder ons voorgangers toegelaat om as deel van kaderontplooiing uit te brei. Hierdeur is ’n paar verryk ten koste van die armstes van die armes,” het Athol Trollip, burgemeester, gesê. “Daai dae is verby.”

Al 45 poste wat afgeskaf is, was óf politieke aanstellings onder die vorige munisipale regering óf was vakant toe die DA-koalisie die leisels hier oorgeneem het.

, sê Trollip.

Die poste was onder meer vir assistente, sekretaresses, koördineerders, navorsers en bestuurders.

Die personeellede in die kantoor van die hoofsweep, Werner Senekal, is van 13 personeellede na vier verminder. In Kristoff Adelbert, Trollip se kantoorhoof, se geledere is daar nou 22 poste en nie meer 43 nie. Met die besnoeiing van dié poste alleenlik word jaarliks meer as R3 miljoen gespaar.

“Was al dié poste gevul, sou dit belastingbetalers miljoene per jaar uit die sak gejaag het en geld vir dienslewering en projekte vir ekonomiese groei verminder het,” sê Trollip.

“Ons missie is om die metro vorentoe te neem, wat beteken dat ons seker maak dat openbare geld op dienslewering vir alle inwoners bestee word.”

Meer oor:  Athol Trollip  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.