Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Pravin is SA se 2de prinses

Pravin Gordhan, teiken van die EFF se boefgedrag Donderdagaand, is die derde gewildste politikus in die land, is in ’n peiling bevind. Nommer een is pres. Cyril Ramaphosa, en daarna volg Tito Mboweni, minister van finansies, wat op 26 Februarie een van die uitdagendste begrotingsredes in die land se geskiedenis sal lewer.

Luidens die jongste South African Citizen Surveys (SACS) het 61% van volwasse Suid-Afrikaners ’n gunstige siening oor Ramaphosa, teenoor Mboweni se 33%, Gordhan se 28%, Julius Malema van die EFF se 26% en die DA se John Steenhuisen se 15%.

Mmusi Maimane, wat sedert Oktober in die politieke wildernis is, het steeds 24% gemeet toe die peiling einde November, vroeg Desember verlede jaar gedoen is.

In die peiling is ook bevind minder as die helfte van volwassenes kyk op TV of luister op radio na die staatsrede.

In die Ipsos-peiling “Pulse of the People” het 62% van die respondente gesê Ramaphosa vaar baie goed of redelik goed, beduidend laer as sy 70% in Mei 2018, kort nadat hy sy eerste staatsrede gelewer het.

Ramaphosa is steeds heelwat gewilder as wat oudpres. Jacob Zuma ooit was, het Mari Harris, Ipsos-direkteur, gesê, en in agt provinsies is Ramaphosa nou gewilder as wat hy was voor die verkiesing in Mei 2019. Hy is steeds gewilder as sy party, wat 55% goedkeuring meet.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Pravin Gordhan  |  Cyril Ramaphosa  |  Politici
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.