Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Premier ‘moet Ace en sy netwerk ondersoek, vra DA
Dr. Roy Jankielsohn,DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer.

Die DA in die Vrystaat het Donderdag in die begrotingsdebat in Tweeling ’n beroep op die premier gedoen om haar “korrupte” voorganger en sy “korrupte netwerk” te ondersoek.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, het Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, gevra om ’n daadwerklike verskil in die lewe van inwoners in die provinsie te maak en Ace Magashule, nou sekretaris-generaal van die ANC, te ondersoek.

“Die provinsie is uiteindelik in vlees ontslae van sy korrupte premier. Sy premierskap het die provinsie duur te staan gekom. As die nuwe premier ’n verskil wil maak, sal sy haar verbind om Magashule en sy netwerk te ondersoek en so verseker dat geregtigheid geskied.”

Ace Magashule, premier van die Vrystaat en ook Vrystaatse provinsiale voorsitter van die ANC. Foto: Netwerk24

Jankielsohn het onder meer gevra dat Ntombela die volgende ondersoek:

  • ’n Eiendomstransaksie van R9 miljoen waarby Thoko Malembe, Magashule se dogter, betrokke is;
  • Die Vogelfontein-dorpstigting en -behuisingsprojek van R150 miljoen waarin Malembe glo ’n 30%-belang het;
  • Die R1 miljard-behuisingskandaal waarby Hlaudi Motsoeneng­, voormalige bedryfshoof van die SAUK, en Nozuko Mbalula, vrou van Fikile Mbalula, voormalige minister sport en van polisie, betrek word; en
  • Die rol van Magashule, Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale bronne, en Mamiki Qabathe, destydse LUR vir landbou, in die Vrede-suiwelplaas.

Volgens Jankielsohn is dié net ’n paar van die kwessies wat deur die provinsiale regering ondersoek moet word.

“Die bereidwilligheid van die nuwe premier om die verrotting van die Magashule-bewind te ondersoek en bloot te lê sal bepaal of sy as ’n vegter vir geregtigheid of ’n Ace-marionet onthou sal word. Haar optrede sal noukeurig deur ons gemonitor word.”

Meer oor:  Sisi Ntombela  |  Roy Jankielsohn  |  Tweeling  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.