Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Presidensie dok R15,3 m. op om Zuma uit tronk te hou’

Die presidensie het die afgelope nege jaar sowat R15,3 miljoen van belastingbetalers se geld aan oudpres. Jacob Zuma se sogenaamde “spioenasiebande-saak” bestee.

Mmusi Maimane, DA-leier, sê in ’n verklaring die staatsprokureur het in ’n brief aan hom gesê dié bedrag sluit alle regskoste in met betrekking tot die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se weiering om Zuma te vervolg op aanklagte van bedrog, korrupsie en afpersing.

Maimane sê die regsaksie was teen Zuma in sy persoonlike hoedanigheid vir misdade wat hy na bewering gepleeg het voordat hy in 2009 president geword het.

“Hy was nie ’n respondent in die saak in sy hoedanigheid as president nie.

“Daarom kom die bedrag van R15,3 miljoen neer op onreëlmatige besteding deur die regering om Jacob Zuma uit die tronk te hou,” sê die DA-leier.

Zuma moet self die geld terugbetaal, sê Maimane.

“Omdat die geld deur die presidensie bestee is, doen ons ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om deel te word van die regsaksie om die geld van Zuma te verhaal.”

Maimane sê Ramaphosa kan nie daarop aanspraak maak om teen korrupsie en onreëlmatige besteding te wees en dan homself blind hou vir die blatante misbruik van belastingbetalers se geld deur Zuma nie.

“Ons sal die belastingbetalers se geld van Jacob Zuma af terugkry. Hy sál uiteindelik sy dag in die hof kry.”

Intussen het Ramaphosa se woordvoerder aan News24 gesê die president glo nie daar is rede om die R15,3 miljoen terug te win nie aangesien dit alles ingevolge wetgewing gedoen is.

Die presidensie het die bedrag bevestig.

Meer oor:  Zuma  |  Mmusi Mai­Mane  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.