Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
President sal by Zondo praat as hulle vra
Pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag tydens vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies. Foto: Jaco Marais

Pres. Cyril Ramaphosa is bereid om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Hy het Dinsdag dié bereidwilligheid by die vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies gegee nadat die DA hom daaroor uitgevra het.

“Die kwessie van staatskaping het almal in die land geraak. Wat onthul word in die Zondo-kommissie kom voor vir baie mense as ’n verbasing sowel as ’n skok namate die besonderhede na vore kom.

“Sover dit my aangaan, as die Zondo-kommissie my vra om te verskyn, het ek geen moeilikheid of teenkanting nie.

“In sover as wat elk van ons iets het om te vertel aan die Zondo-kommissie, moet ons nooit wegkruip nie. Dit was die ANC wat gevra het dat ’n kommissie aangestel moet word. So as president van die ANC kan ek nooit myself distansieer of wegkruip van ’n kommissie wat ons gevra het om op die been gebring te word nie.

“Die mense van Suid-Afrika verdien om te weet wat aan die gang is, want die staat soos dit is, is nie ’n koninkryk van ’n individu of ’n party nie – die staat behoort aan die mense van Suid-Afrika en ons is aanspreeklik aan die mense van Suid-Afrika,” sê Ramaphosa.

Hy het op ’n ander vraag genoem watter stappe gedoen sal word teen die talle mense na wie die vinger gewys word en of die geld verhaal sal word. Ondersoeke duur egter voort.

“Ons het probleme ervaar. Sommige wetstoepassingsagentskappe was baie stadig en het versuim om op te tree, maar soms was hulle regtig briljant en uitnemend. Ons het dus ’n kombinasie waar goeie werk gedoen en in sommige gevalle slordige werk gedoen is. Ons wil dit skoonmaak en optree teen korrupsie waar dit ook al voorkom en diegene wat aanspreeklik is moet verantwoordbaar gehou word.”

Meer oor:  Cyrial Ramaphosa  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.