Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
President se woordvoerder ‘sien uit na eer’

Khusela Diko, die nuwe woordvoerder van pres. Cyril Ramaphosa, sê sy sien daarna uit om die president en die mense van Suid-Afrika te dien.

Diko begin op 12 Maart in haar nuwe pos.

Die presidensie sê Diko is ’n gesoute kommunikasie- en bemarkingspesialis wat tot onlangs nog die regerende party se nasionale kommunikasiebestuurder was.

Sy het ook op verskeie geleenthede as die party se woordvoerder opgetree.

Voordat sy haar by die ANC aangesluit het, was sy die hoofdirekteur van kommunikasie in die Gautengse provinsiale regering.

Khusela Diko

Diko het ook gedien in die hoogste besluitnemingstrukture van die ANC in Gauteng – as lid van die provinsiale uitvoerende komitee, sowel as van die provinsiale werkkomitee.

Sy het ’n B.Com-graad en studeer tans verder in die regte. Diko het aan The Sowetan gesê dit is vir haar ’n eer om die president en die mense van die land te dien. “Ek sien daarna uit om deel te wees van die hernuwing waarvan pres. Ramaphosa gepraat het.”

In Februarie verlede jaar het die voormalige personeelhoof van die departement van telekommunikasie en die posdienste, Thuthukile Zuma, ’n hou na Diko gemik en gesê die party moet ophou om “senior poste in junior poste te omskep”.

Dit was nadat die ANC-jeugliga in Gauteng klagte van korrupsie en strafbare manslag teen die destydse LUR van gesondheid van die provinsie, Qedani Mahlangu, by die polisie ingedien het en ’n beroep op die premier, David Makhura, gedoen het om te bedank oor die Life Esidimeni-tragedie.

Hulle het die premier en die LUR hewig gekritiseer oor dié tragedie wat gelei het tot die dood van talle psigiatriese pasiënte in die provinsie wat van Life Esidimeni-klinieke na ongeregistreerde nieregeringsorganisasies oorgeplaas is om koste te bespaar.

In antwoord op die jeugliga se verklaring het die ANC – deur middel van Diko – ’n verklaring uitgereik waarin die jeugliga se kommentaar beskryf is as “afskuwelik, veragtelik en nie gepas vir nie net lede van die ANC nie, maar vir die hele mensdom”.

Die ANC het Donovan Cloete met onmiddellike ingang in Diko se plek aangestel as die party se waarnemende nasionale kommunikasiebestuurder in sy departement van inligting en publisiteit.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Presidensie  |  Woordvoerder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.