Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Prestasie in Gauteng ondanks Lesufi, sê AfriForum

Gauteng se goeie matriekuitslae is nie te danke aan Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys nie, sê Carien Bloem, projekkoördineerder van onderwys by AfriForum.

Talle matrikulante van oor die provinsie heen is by die bekendstelling van die matriekuitslae by Unisa in Pretoria vereer.

Carien Bloem

Tshwane-Suid is as die distrik met die hoogste slaagsyfer in Gauteng aangewys met 91,2%.

Die goeie uitslae kan volgens Bloem eerder toegeskryf word aan puik skole, toegewyde onderwysers, goeie moedertaalonderrig en beheerliggame wat aanvullende aanstellings moontlik maak sodat leerlinge die nodige aandag in die onderskeie vakke kry.

“Gauteng se prestasies is dus nie te danke aan Lesufi nie, maar ondanks hom,” sê Bloem.

Lesufi het by die geleentheid in Pretoria gesê al die distrikte in Gauteng het ’n slaagsyfer bo 85%.

“15 van die voorste 20 distrikte in die land kom uit Gauteng,” het Lesufi gespog.

Die drie beste skole in Gauteng is almal in Pretoria. Dit is die Hoërskool Waterkloof, wat aangewys is as die algehele beste skool in die provinsie, gevolg deur die Hoërskool Garsfontein en die Afrikaanse Hoër Meisieskool.

Bloem is bekommerd oor die talle leerlinge in Gauteng wat nie hul skoolloopbaan voltooi het nie.

“Dit is kommerwekkend in die lig van die hoë werkloosheidsyfer waardeur die land en die provinsie reeds in die gesig gestaar word,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.