Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Private sektor sal meeste werk skep – Cyril

Op die lange duur sal die private sektor die meeste van die werksgeleenthede skep wat die land nodig het.

So het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag op ’n ontmoeting met die Black Business Council in die Uniegebou in Pretoria gesê. Die vergadering het op versoek van dié organisasie plaasgevind.

Pres. Cyril Ramaphosa praat Donderdag met die Black Business Forum in die Uniegebou in Pretoria. Foto: Presidensie.

Ramaphosa het met die aanvang van die vergadering gesê die Black Business Council is ’n invloedryke stem oor die posisie van die sakegemeenskap rakende sleutelkwessies in die ekonomie.

“As verteenwoordigers van swart sakeondernemings het julle ’n sentrale rol te speel in die nasionale poging om die struktuur van ons ekonomie meer verteenwoordigend, inklusief en tot voordeel van al ons mense te maak,” het Ramaphosa gesê.

“Jul insig is veral belangrik wanneer dit kom by die inwerkingstelling van beleid oor regstellende aksie, wat tot inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping sal bydra. Ons moet almal bekommerd wees oor die stadige pas van transformasie in die werkplek, veral in die private sektor.”

Die Black Business Council het nog altyd volgehou ondernemings se aandeelhouers is nie dié ondernemings se enigste verantwoordelikheid nie, sê hy.

“Die sakesektor het ’n ewe belangrike rol te speel om ’n meer inklusiewe ekonomie en gemeenskap te skep.

Ondernemings kan die aandrywers van ontwikkeling wees en ’n rol speel om groot nasionale uitdagings soos armoede en ongelykheid te oorkom.”

Met verwysing na die regering se tweede internasionale beleggingskonferensie wat onlangs in Johannesburg gehou is, sê die president dit is verblydend dat Suid-Afrikaanse maatskappye sowat R262 miljard se beleggings beloof het.

“Wanneer jy in ons ekonomie herbelê, gee dit ook vertroue aan internasionale beleggers om hul geld hierheen te bring. Dit wys ook dat ons land se hervormingsagenda traksie kry,” sê Ramaphosa.

“Dit wys dat die plaaslike sakegemeenskap nie ongeneë is om geld beskikbaar te stel vir nuwe projekte of om bestaande projekte hier uit te brei nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.