Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Prokureur doodstil oor Zuma se planne

Oudpres. Jacob Zuma se prokureur wou nie Maandag sê of hy gaan voldoen aan hoofregter Mogoeng Mogoeng se versoek dat hy insette aan die konstitusionele hof lewer nie.

Die hoofregter het die oudpresident gevra om insette te lewer voordat die konstitusionele hof uitspraak lewer in die saak waarin die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping vra dat hy aan minagting van die hof skuldig bevind word.

Oudpres. Jacob Zuma Foto: Argief

Die kommissie het hom tot die konstitusionele hof gewend nadat Zuma geweier het gehoor te gee aan ’n bevel van dié hof en voor die kommissie te verskyn.

Hy vra dat Zuma vir twee jaar tronk toe gestuur word.

Mogoeng wil hê Zuma moet sê wat sy reaksie sal wees as hy skuldig bevind sou word.

Eric Mabuza, Zuma se prokureur, het net by navraag gesê die spertyd om insette te lewer is Woensdag.

Kenners het vroeër gesê die hoofregter het reg opgetree deur uit sy pad te gaan om Zuma se insette te vra voordat die konstitusionele hof ’n uitspraak lewer wat hom agter tralies kan laat beland.

Die Helen Suzman-stigting het vroeër ’n sogenaamde amicus curiae-aansoek by die hof ingedien om as vriend van die hof in die saak toegelaat te word.

Die stigting het vroeër gesê hy wil voorleggings aan die konstitusionele hof doen waarin hy sal aanvoer dat Zuma se minagting van die hof se opdrag ernstige gevolge vir die werksaamhede van die kommissie inhou.

Sy weiering om voor die kommissie te verskyn ondermyn die kommissie se vermoë om sy mandaat na te kom om die waarheid vas te stel.

Die publiek het die reg om te weet wat die waarheid oor die staatskaping is.

Die stigting steun die standpunt dat Zuma tronkstraf opgelê word, maar meen dit is in die openbare belang dat hy gedwing word om voor die kommissie te verskyn en vra te beantwoord.

Meer as 40 getuies voor die kommissie het Zuma al by staatskaping betrek.


Wat beteken ‘vriend van die hof’?

’n Party wat amicus curiae, oftewel as vriend van die hof, tot ’n saak toetree, is nie regstreeks betrokke nie, maar is daar om hulp aan die hof te verleen.

Die party doen dit deur die verskaffing van tersaaklike inligting, verduidelik emeritus-professor Pieter Labuschagne, ’n regs- en politieke kenner van Unisa.

“Só ’n amicus curiae moet ’n spesifieke belang by die saak hê en die hof moet toestemming gee dat die party as ’n vriend van die hof tot die saak gevoeg word omdat dié die saak kan help.”

’n Vriend van die hof moenie met ’n getuie verwar word nie, verduidelik Labuschagne.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.