Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Proses begin amptelik om OB te pos
 adv. Busisiwe Mkhwebane
Die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Christiaan du Plessis

‘n Parlementêre proses om die omstrede adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), uit haar amp te verwyder, het amptelik begin.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het Vrydag aangekondig haar kantoor het 'n mosie van Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, goedgekeur waarin versoek word dat die parlement verrigtinge vir die verwydering van Mkhwebane moet begin.

Die DA het voorheen al versoek dat die parlement 'n proses teen Mkhwebane weens onder meer ‘n reeks verdoemende hofuitsprake teen haar begin.

Dit kon egter nie gedoen word nie omdat die parlement nooit spesifieke reëls gehad het oor hoe ‘n sittende hoof van ‘n art. 9-instelling uit haar of sy pos verwyder kan word nie. Die parlement het egter laat verlede jaar so 'n stel reëls goedgekeur.

Hierdie reëls lui onder meer dat as so 'n mosie aan al die vereistes voldoen, moet Modise as speaker dit vir ‘n voorlopige assessering na ‘n onafhanklike paneel verwys en die NV en pres. Cyril Ramaphosa daaroor inlig.

“Noudat die mosie goedgekeur is, het die speaker aan politieke partye geskryf om benoemdes voor te stel om in die paneel te dien wat geskikte en Suid-Afrikaanse burgers moet wees."

Die reëls bepaal dat die paneel gesamentlik oor die nodige regs- en ander bevoegdhede en ervaring moet beskik om die assessering te doen.

'n Regter mag as deel van die paneel aangestel word, maar die speaker moet so 'n aanstelling  in oorleg met die hoofregter doen,” het Modise se kantoor in 'n verklaring gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer oor dié gebeure berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.