Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Prosesse vir kernkrag gemanipuleer – oud-DG van tesourie

In ander lande sê die minister van finansies nie vir die president daar is nie geld nie.

“Hulle gaan soek die geld,” het oudpres. Jacob Zuma aan Lungisa Fuzile, voormalige direkteur-generaal (DG) van die nasionale tesourie op ’n vergadering in 2015 oor die kernkragprojek gesê.

Lungisa Fuzile, ’n voormalige direkteur-generaal van die nasionale tesourie, Maandag in Johannesburg by die Zondko-kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Felix Dlangamandla

Fuzile het Maandag in Johannesburg voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig en gesê die tesourie was bekommerd dat die regering se beoogde kernkragprojek te duur was en Suid-Afrika dit nie kon bekostig nie.

Fuzile, nou uitvoerende hoof van Standard Bank, het as DG bedank kort nadat Zuma Gordhan vir ’n tweede keer as minister van finansies afgedank het.

Fuzile het Maandag ook aan adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, gesê al was dit die grootste verkryging nog deur die regering, het hy die indruk gekry die prosesse is afgejaag en gemanipuleer.

Daar was baie foute in die proses, sê hy.

Zuma het in ’n stadium na hom gedraai en ook gesê hy en Gordhan, toe nog die minister van finansies, het die ooreenkoms tussen Engen en PetroSA beëindig. Met verwysing na dié ooreenkoms was die tesourie (en Gordhan) van mening dat ’n behoorlike omsigtigheidsondersoek nie gedoen is nie.

“Daar is gehaas om dit (die transaksie) af te handel.”

Fuzile het ook breedvoerig voor die kommissie uitgebrei oor die SAL en ’n kontrak tussen die nasionale lugdiens en die vliegtuigvervaardiger Airbus. Volgens Fuzile wou die SAL in ’n stadium die bestaande kontrak tussen hom en Airbus hersien. Die nuwe voorgestelde kontrak het die goedkeuring van die tesourie gehad, maar toe wou die SAL dit weer skielik verander om ’n derde party te betrek.

Die tesourie het vasgeskop.

Fuzile sê dit het hom gepla dat die SAL-direksie in ’n stadium uit net drie mense bestaan het. Dit het kredietverskaffers ook gepla en hulle huiwerig gemaak om by die lugdiens betrokke te raak.

Dit was vir hom ook moeilik om te verstaan hoekom Zuma daarop aangedring het dat Dudu Myeni, die voorsitter, in die direksie moet bly.

Fuzile het kortliks getuig oor die probleme by die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) en die sluitings van die Gupta-ondernemings se bankrekeninge.

Uit dié gesprek was dit duidelik Gordhan en Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, sou die trekpas kry.

Fuzile is deur adv. Vincent Maleka gevra hoekom hy uit sy pos as DG van die tesourie bedank het. Fuzile het getuig hy was saam met Gordhan op ’n besoek aan Londen en New York om met beleggers te praat, toe hulle kort ná hul aankoms in Londen ’n boodskap kry dat die goedkeuring vir die besoek teruggetrek is. Hulle moes dadelik na Suid-Afrika terugkeer.

Met hul aankoms in Johannesburg is hy saam met Gordhan na Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor. Gordhan het met Gwede Mantashe, toe nog die sekretaris-generaal van die ANC, gaan praat. Fuzile was by.

Uit dié gesprek was dit duidelik Gordhan en Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, sou die trekpas kry.

As dit nie gebeur het nie, sou hy in elk geval net sy termyn uitgedien het. Hy het op pad na Luthuli-huis al geweet sy 19 jaar by die tesourie is verby, het Fuzile aan die kommissie gesê.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma  |  Lungisa Fuzile  |  Kernkrag  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.