Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Provinsiale rede ‘jaag VS miljoene uit die sak’

Die Vrystaat se provinsiale rede wat Dinsdag op die Universiteit van die Vrystaat se Vista-kampus in Bloemfontein gehou word, sal belastingbetalers waarskynlik meer as R2 miljoen uit die sak jaag. Dit sluit nie bydraes van die premierskantoor in nie.

Tammy WesselsFoto: Argief

So sê Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer, in ’n nuusverklaring.

Sy sê vir die grootste deel van dié uitgawes is nie begroot of beplan nie en dit is reeds uitgegee sonder die nodige goedkeuring.

“Inaggenome ’n openingsrede later vanjaar ná die verkiesing, is die uitgawe des te meer onaanvaarbaar en vrugteloos.”

Sy sê die ANC gebruik belastingbetalers se geld op onderduimse maniere deur amptelike regeringsgeleenthede te gebruik om sy verkiesingsveldtog te voer.

“Die diensverskaffer vra sowat R1,8 miljoen vir die reël van die geleentheid.”

Daarbenewens kos dit R156 000 om die lokaal te huur. Daar is ook ’n afsonderlike lokaal waar nagenoeg 1 200 afgevaardigdes middagete gaan geniet. Dit sluit nie die 450 personeellede in wat saam gaan eet nie.

Die premierskantoor verskaf kospakkies en vervoer vir nog 3 500 toeskouers wat glo met busse aangery sal word, sê Wessels.

“Die wetgewer se komitee vir begroting en oorsig het op sy laaste vergadering ’n aanbeveling gemaak dat koste besnoei moet word deur die provinsiale openingsredes in die amptelike raadsaal van die wetgewer, die Vierde Raadzaal, te hou.

“Ook is besluit dat kospakkies en etes nie voorsien word nie, soos reeds geruime tyd die gebruik in die parlement is.”

Kiesers moet die ANC by die stembus straf en die VF Plus bemagtig om terug te slaan teen dié skaal van wanbesteding en magsmisbruik.

Mamiki Qabathe, die speaker van die wetgewer, het egter buite haar mandaat en bevoegdhede opgetree en die aanbevelings van die komitee verontagsaam.

“R1,9 miljoen is reeds bestee en die finale bedrag is nog nie bekend nie.”

Wessels sê die ANC se blatante verontagsaming van wetgewing, en die wanbestuur van staatsgeld vir eie gewin is onaanvaarbaar en moet tot elke prys gestuit word.

“Kiesers moet die ANC by die stembus straf en die VF Plus bemagtig om terug te slaan teen dié skaal van wanbesteding en magsmisbruik.”

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Sisi Ntombela  |  Vrystaat  |  Dienslewering  |  Provinsiale Rede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.