Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
R1 m. aan ANC ‘het niks met korrupte kontrak te doen’

Die R1 miljoen-skenking wat hy namens die ANC ontvang het. hou nié verband met ’n beweerde korrupte regeringskontrak nie.

Mike Mabuyakhulu, voormalige adjunkvoorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, wat hom Dinsdag as deel van die ANC se opsystaanbeleid van die party onttrek het, het Woensdagaand voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping volgehou dat die bewerings wat teen hom gemaak is, geheel en al vals is.

Mike Mabuyakhulu

Hy het voor die kommissie verskyn om te getuig oor sy rol in ’n beweerde korrupte tender oor watersuiwering wat in 2006 aan die skatryk sakeman Gaston Savoi se onderneming Intaka toegeken is. Intaka sou tien watersuiweringsaanlegte teen aanvanklik R22 miljoen oprig, maar die bedrag is verhoog tot R44,5 miljoen en uiteindelik tot R50,1 miljoen.

Trevor White, ’n forensiese ouditeur van PwC, het voorheen getuig dat Intaka voorkeur in die tenderproses geniet het.

Intaka het na bewering ’n skenking van R1 miljoen aan die ANC gemaak, en White het tydens sy getuienis die naam van Sipho Shabalala, toe die ANC se hoof van die provinsiale tesourie in KwaZulu-Natal, genoem en gesê Shabalala het die skenking van R1 miljoen van Savoi gevra in dieselfde tydperk toe die tender aan Intaka toegeken is.

“Die skenking van R1 miljoen wat ek in 2008 van Shabalala ontvang het, het niks te make met Intaka nie,” het Mabuyakhulu aan adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, gesê. Hy is in 2011 deur die Valke ondersoek weens die betrokke skenking, maar die klagte teen hom is teruggetrek.

Adv. Garth Hulley SC, getuienisleier van die kommissie, het Woensdagaand aan Mabuyakhulu vrae gestel oor ’n betaling van R1,052 miljoen wat deel gevorm het van die Valke se ondersoek. Mabuyakhulu sê volgens sy kennis is ’n ander bedrag van net meer as R1 miljoen deur Intaka aan Khuboni en Shezi prokureurs oorbetaal, en toe via Shabalala aan 14 ander maatskappye tien maande voordat hy sy skenking van R1 miljoen ontvang het.

“Daar is geen grondslag om die twee betalings met mekaar te verbind nie. Nie een van die betalings is direk aan my gemaak nie en was ook nie vir my persoonlike gewin nie. Die skenking van R1 miljoen wat ek ontvang het, het niks met Intaka te doen nie. Ek het geen ander kennis oor die oorsprong van die skenking nie, behalwe dat dit van Shabala af gekom het,” het Mabuyakhulu getuig.

Die skenking van R1 miljoen wat ek ontvang het, het niks met Intaka te doen nie. Ek het geen ander kennis oor die oorsprong van die skenking nie, behalwe dat dit van Shabala af gekom het.

Hy sê ANC-beleid vereis dat diegene wat skenkings maak, se identiteit beskerm word.

“Die skenking is deur my op 11 Junie 2008 in kontant ontvang in die ANC se kantore en ek het dit aan die relevante amptenare verklaar. Die geld is in ’n kluis gestoor en is na my kennis gebruik om vir die ANC se provinsiale konferensie te betaal,” sê Mabuyakhulu.

Hy sê hy het egter nie ’n kwitansie vir die skenking uitgereik nie.

Dié kwitansie moes aan die skenker verskaf word.

Mabuyakhulu het aan Zondo gevra of hy die geleentheid gebied kan word om vir White te kruisondervra omdat White hom in sy getuienis voor die kommissie by korrupsie betrek het.

Zondo sal sy aansoek oorweeg.

Meer oor:  Staatskaping  |  Mike Mabuyakhulu  |  Korrupsie  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.