Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
R5 m. aan geskorste amptenare se salarisse bestee

Die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap het meer as R5 miljoen bestee aan die salarisse van geskorste amptenare wat onder meer van korrupsie en finansiële wanadministrasie aangekla word.

Agt van dié amptenare, wat die departement sowat R1 miljoen uit die saak gejaag het, is steeds by die huis terwyl hulle hul volle salaris ontvang, in afwagting op die uitslae van die appèl teen hul ontslag.

Kobus Botha van die DA sê mense wat maatskaplike dienste nodig het, word dit ontneem, terwyl geld aan “korrupte” amptenare uitbetaal word. Foto: Argief

Dr. Pumza Dyantyi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het bevestig dié bedrae is aan werknemers uitbetaal wat tussen 2015 tot 2018 op betaalde verlof is.

In 2015 is altesaam R1,13 miljoen uitbetaal aan twee amptenare op betaalde verlof voordat hulle afgedank is.

In 2017 is R2,25 miljoen aan 17 amptenare uitbetaal en R871 000 in 2018 aan sewe amptenare wie se sake afgehandel is.

’n Verdere R949 000 is tot dusver aan agt amptenare uitbetaal wat steeds wag op die uitkoms van die appèl teen hul afdankings.

Volgens Dyantyi het die appèlraad in 18 sake die aansoekers se appèl van die hand gewys. Altesame 11 sake is steeds hangend.

In vyf van die oorblywende sake is twee amptenare afgedank, die klagte teen een persoon is teruggetrek, nog ’n persoon se skorsing is opgehef, en iemand is dood voordat die proses teen hom afgehandel is.

Kobus Botha van die DA, woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling, sê dit is duidelik dat die departement nie oor die vermoë beskik om deeglik ondersoek in te stel nie.

Hy meen die manier waarop die departement sy dissiplinêre prosesse hanteer, moet drasties verbeter.

“Bevoegde ondersoekers moet dadelik aangestel word om te verseker dat ondersoeke gefinaliseer word.”

Botha meen dat geld wat vir maatskaplike dienste begroot is, nie diegene wat dit die meeste nodig het, bereik nie, want dit word op “korrupte amptenare” bestee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.