Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
R60 m. reeds geskenk aan fonds teen geslagsgeweld
Pres. Cyril Ramaphosa lewer Donderdagaand sy toespraak. Foto: Skermgreep

Minstens R60 miljoen is reeds geskenk aan ’n fonds van die private sektor waarmee beoog word om prakties ’n verskil te maak in die voorkoming van geslagsgeweld en moord op vroue in Suid-Afrika, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand gesê.

Maatskappye soos Anglo American, Absa en die Ford-stigting het reeds bedrae van R20 miljoen elk geskenk aan die fonds wat deur ’n raad van slegs vroue bestuur gaan word.

“Dit is net die begin en ons is vol vertroue dat al meer instansies vanjaar sal bydra namate meer internasionale weldoeners en van ons vennote in die private sektor begin deelneem,” het Ramaphosa op ’n aanlyn geldinsamelingsgeleentheid gesê.

Die doel van die fonds, wat feitlik heeltemal deur die private sektor gelei word, is hoofsaaklik om die regering se nasionale strategiese plan te ondersteun en te help uitvoer. Die regering het ’n paar maande gelede dié plan bekend gestel wat fokus op geslagsgeweld en vroue wat deur hul intieme maats vermoor word.

Die Internasionale Vroueforum van Suid-Afrika (IWFSA) sal ’n leidende rol in hierdie inisiatief speel, en volgens Irene Charnley, stigter van IWFSA, sal dit ’n geleentheid skep vir private persone en organisasies om bydraes te maak.

“Die fonds sal ’n groot invloed hê op baie mense se lewe,” het Ramaphosa gesê. “Die stryd teen geslagsgeweld is nie ’n sekondêre prioriteit nie.”

Dit is net die begin en ons is vol vertroue dat al meer instansies vanjaar sal bydra namate meer internasionale weldoeners en van ons vennote in die private sektor begin deelneem.

Hy het gesê voordat hy mense vra om bydraes te maak, wil hy daarop wys dat die regering sy eie bydraes maak om die kwessie aan te pak.

“Ons moes dringend nasionale hulpbronne rondskuif om die Covid-19-pandemie te beveg, en soos op elke ander gebied het dit ’n invloed op ons programme teen geslagsgeweld en die moord op vroue gehad.

“Desondanks hou ons aan om die bemagtiging van vroue in al ons programme te prioritiseer.”

Die Amerikaanse akteur en filantroop Forest Whitaker het Ramaphosa se inisiatiewe vanuit Amerika geprys en gesê sy organisasie, die Whitaker Peace and Development Initiative, ondersteun die fonds om die “stemme van vroue en kinders te laat geld”.

Die fonds beoog om ’n beduidende verskil te maak deur onder meer organisasies te ondersteun wat geslagsgeweld bekamp en aan vroue-organisasies in gemarginaliseerde gemeenskappe toegang tot hulpbronne te gee.

Die fonds sal ook beoog om met eendersdenkende aktiviste op voetsoolvlak te skakel.

Dr. Judy Dlamini, kanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, is die voorsitter van die bestuur van die fonds.

Wendy Lucas-Bull, voorsitter van die Absa-groep en pas verkose voorsitter van die Shoprite-groep, dien as ondervoorsitter en Faith Khanyile, hoof van WDB Investment Holdings, en dr. Namane Magau is addisionele lede.

Michael Katz, voorsitter van ENSafrica, het mense verseker dat die fonds “nie net ’n gepraat is nie, maar deur finansiële planne gerugsteun word”.

Hy het gesê die beginsels van onafhanklikheid, toerekeningsvatbaarheid en deursigtigheid sal streng nagekom word, en daar sal gereeld aan die publiek en die media verslag gedoen word oor hoe die geld wat geskenk is, aangewend sal word.

Meer oor:  Geslagsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.