Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Raadslede se mosie teen JP Smith teruggetrek
JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in Kaapstad. Foto: Malherbe Nienaber

Die mosie van wantroue teen JP Smith, adjunk-koukusleier van die DA in die Kaapstadse metroraad, is Maandag teruggetrek en vir bemiddeling verwys.

Die mosie teen Smith, ook burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, is op 8 Oktober deur Courtney van Wyk, DA-raadslid ingedien. Dit is gesekondeer deur Steven Vuba, ’n mederaadslid van die DA.

Odette Cason, kommunikasiebestuurder vir die DA in die Wes-Kaap, het egter die middag bevestig dat dit teruggetrek en vir bemiddeling verwys is.

“Die leierskap het ’n alternatiewe metode voorgestel om die probleme op te los.”

Smith het later ook bevestig dat die mosie teruggetrek is, maar het gesê hy kan nie kommentaar lewer op ’n interne kwessie van die koukus nie.

In die mosie word aangevoer dat Smith verdeling en spanning in die DA-koukus in die raad dryf.

Intussen het die drukgroep Gatvol Capetonian ook aangedui dat hy die mosie steun.

Fadiel Adams van dié groep het gesê die raadslede wat die mosie ingedien en ondersteun het, moet erkenning kry vir hul moed om die “wit, rassistiese liberale kabaal” in die DA te takel.

Meer oor:  Mosie Van Wantroue  |  Jp Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.