Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Drama waar raadslede oor Bobani sou stem

Die raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metroraad, waartydens ’n mosie van wantroue teen Mongameli Bobani, burgemeester, ter tafel gelê moes word, is ter elfde uur gekanselleer.

’n Meerderheid van die 120 raadslede was van voornemens om Bobani Donderdagoggend op dié raadsvergadering uit sy amp te onthef.

Nuus dat die vergadering gekanselleer is, is vroegoggend deur Buyelwa Mafaya, speaker, gedoen.

Volgens Mafaya is die vergadering om veiligheidsredes kanselleer.

’n Groep betogers van die UDM en die UF het die Wolraadgebou waar die vergadering moes plaasvind se ingange versper.

’n Groep betogers van die UDM en die UF het die Wolraadgebou waar die vergadering moes plaasvind se ingange versper. Foto: Lulama Zenzile

Lede van die DA, Cope en die ACDP wat nietemin by die raadsaal opgedaag het, is deur dié betogers uitgejou.

Talle politieke partye – die ANC, Cope, die ACDP en die PA – het die afgelope twee weke gesê hulle gaan die DA se mosie van wantroue teen Bobani steun.

Die UDM, die EFF en die UF, wat saam nege setels in die metroraad het, staan bankvas agter Bobani om as burgemeester aan te bly.

Athol Trollip, koukusleier van die DA en die voormalige burgemeester, wat by wyse van ’n mosie van wantroue uit sy amp onthef is om vir Bobani plek te maak, het vroeër gesê die tyd het aangebreek om die stad uit Bobani se kloue te red.

Volgens Trollip het Bobani Nelson Mandelabaai eiehandig tot in die afgrond gedryf.

Hy het Donderdagoggend, nadat die vergadering gekanselleer is, gesê dit is kommerwekkend dat die metroraad en sy inwoners deur ’n klein groep mense, wat deel is van die minderheidspartye, die stad as gyselaar hou.

Die DA, Cope en die ACDP sê hulle gaan regsadvies inwin, omdat Mafaya nie by magte is om die vergadering te kanselleer nie.

Trollip het die ANC raadslede wat kleinkoppie getrek het as lafaards bestempel.

LEES OOK: Donderdag is D-dag vir Mongameli Bobani

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.