Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Radebe pos kernkragbaas oor 'erns van klagtes'

Die man wat aan die hoof staan van die land se kernkragnavorsings- en ontwikkelingsprogram is in die pad gesteek, het Fin24 berig.

 Phumzile Tshelane
Phumzile Tshelane Foto: Necsa

Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse kernkragkorporasie (Necsa), is deur Jeff Radebe, minister van energie, afgedank. 

Radebe het in 'n kort verklaring wat Dinsdagmiddag uitgereik is gesê die besluit is geneem in ag genome die "erns van die klagtes waardeur Tshelane in die gesig gestaar word, 'n resolusie deur die direksie (van Necsa) en 'n aanbeveling deur 'n dissiplinêre paneel".

Die besluit is effektief 11 Mei.

Volgens Radebe begin die proses binnekort om die vakante pos op die direksie te vul "deur 'n persoon met die regte vaardighede en kennis wat die maatskappy vorentoe kan lei en volhoubaarheid en groei in die Necsa-groep kan verseker". 

Tshelane is volgens Necsa se webtuiste in 2012 in sy pos aangestel.

Hy is vroeër geskors oor die ooreenkoms wat Necsa in Julie verlede jaar met die staatsbeheerde Russiese kernkraggroep Rosatom gesluit het.

Tshelane het glo ondanks waarskuwings voortgegaan om die ooreenkoms met Rosatom te sluit ondanks die feit dat Jeff Radebe, minister van energie, dit afgekeur het.

Soos Francois Williams van Netwerk24 se sakeredaksie vroeër berig het, het die ooreenkoms behels dat Necsa met Rosatom se gesondheidsfiliaal, Rusatom Healthcare, sou saamwerk om radio-isotope vir mediese gebruik te vervaardig en internasionaal te bemark.

Radebe was glo nie te vinde vir so ’n ooreenkoms nie, want Necsa se filiaal NTP Radioisotopes het reeds ’n soortgelyke ooreenkoms met die maatskappy Ansto van Australië gehad.

Meer oor:  Necsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.