Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa beveel 3 vroue en 1 man aan vir regbank

Pres. Cyril Ramaphosa het drie vroue en een man aanbeveel om op die regbank aangestel te word.

Die manlike kandidaat, regter Ronald Hendricks, is as adjunkregterpresident in Noordwes aangestel. Dit was sy derde onderhoud vir dié amp.

Pres. Cyril Ramaphosa.

Die vier aanbevelings is gemaak uit nege kandidate – drie mans en ses vroue – met wie die Regterlike Dienskommissie (RDK), onder voorsitterskap van hoofregter Mogoeng Mogoeng, hierdie week onderhoude gevoer het.

Die kommissie het die advokate Deidre Susan Kusevitsky en Hayley Maud Slingers vir vakatures op die Wes-Kaapse regbank aanbeveel nadat onderhoude met vyf kandidate vir die twee vakatures gevoer is.

Slingers het tydens haar onderhoud aan die kommissie gesê dat sy vyf termyne in die hooggeregshof opgetree het.

Volgens haar het sy onder meer omvattende ondervinding as prokureur en aanklaer, en sy is aan die hooggeregshof blootgestel.

Vanweë haar passie vir die reg voer sy haar pligte doeltreffend uit, het Slingers bygevoeg.

Sy het aan die paneel gesê dat sy minder as twee maande geneem het om haar vonnisse te lewer omdat sy “hard en slim” gewerk het.

Kusevitsky het die kommissie vertel oor rassisme by die Kaapse Balie en gesê dat sy ook seksisme ervaar het. Sy het gesê dat opdragte hoofsaaklik aan mans gegee word.

Volgens die webwerf Judges Matter het Kusevitsky in 2017 en 2018 onderskeidelik vir drie termyne in die hooggeregshof opgetree.

In die Vrystaat het die RDK vir Nokuthula Sylvia Daniso voorgestel vir die enkele vakature in daardie afdeling.

News24 het vroeër berig die Black Lawyers Association het sy kommer uitgespreek omdat sy minder as twee termyne in die hooggeregshof opgetree het en derhalwe nie haar aanstelling ondersteun nie. Daniso het egter gesê hoewel sy vyf maande lank opgetree het, het sy daarin geslaag om uitsprake in “alle” afdelings te lewer.

Hy is die enigste kandidaat met wie ’n onderhoud gevoer is vir die vakature.

Intussen het Hendricks daarin geslaag om die RDK te oortuig dat hy reg is vir die amp van adjunkregterpresident in Noordwes, nadat hy vir die derde ’n onderhoud vir die amp gedoen het.

Hy is die enigste kandidaat met wie ’n onderhoud gevoer is vir die vakature.

Hendricks het die verhoor aangehoor van twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu.

Hy het die twee beskuldigdes, Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, skuldig bevind aan moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ’n vuurwapen in November 2018.

Doorewaard en Schutte is onderskeidelik tot 18 en 23 jaar tronkstraf gevonnis.

- News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.