Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa dan weer voor Zondo-kommissie

Pres. Cyril Ramaphosa getuig op 11 en 12 Augustus weer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Die kommissie het dié datums Maandag in ’n kort verklaring bekend gemaak.

Ramaphosa moet onder meer vrae beantwoord oor die tydperk toe hy die adjunkpresident van die land en oudpres. Jacob Zuma die president was.

Ramaphosa sou aanvanklik weer op 31 Mei en 1 Junie voor die kommissie getuig het. Dit is egter uitgestel en adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het toe bekend gemaak dat Ramaphosa die laaste persoon sal wees wat getuienis voor die kommissie aflê nadat al die ander mondelinge getuienis afgehandel is.

Intussen is daar suksesvol aansoek gedoen om die kommissie se werksaamhede tot einde September te verleng.

Ramaphosa moet eers sy vorige getuienis afhandel oor wat die ANC gedoen het om staatskaping te probeer keer.

Daarna moet hy getuig oor sy rol as adjunkpresident en president van die land in die tyd van staatskaping.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.