Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa gee óók steun aan Pravin
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa is die derde kabinetslid wat die beleërde Pravin Gordhan, die minister van finansies, ondersteun.Foto: Denzil Maregele

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa is die derde kabinetslid wat die beleërde Pravin Gordhan, die minister van finansies, ondersteun.

Gordhan word deur aanklagte van beweerde bedrog en diefstal in die gesig gestaar en sal volgende maand in die hof verskyn.

Ramaphosa het Sondag in ’n verklaring gesê dat hy sy morele en politieke ondersteuning aan Gordhan sal gee te midde van die regsaksie teen hom. Ramaphosa sê ook Gordhan moet ondersteun word vir voorbereidings met die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) wat Gordhan op 26 Oktober gaan lewer.

“Voorvalle die afgelope paar dae wat verband hou met minister Gordhan is ’n groot bron van kommer vir alle Suid-Afrikaners in alle sektore van ons samelewing. Ek bied my ondersteuning aan minister Gordhan met die aanklagte wat deur die nasionale vervolgingsgesag teen hom gebring is. Ek het saam met minister Gordhan gewerk in ons regering en die Struggle-era. Ek wens hom alle voorspoed toe met sy voorbereidings vir die MTBR en hoop dat hierdie uitdaging hom nie daarvan sal weerhou om ’n belangrike nasionale taak te verrig nie,” sê Ramaphosa.

Ebrahim Patel, die minister van ekonomiese ontwikkeling, en Derek Hanekom, die minister van toerisme, het ook hul steun aan Gordhan toegesê.

Hy ook die reg tot regsverteenwoordiging en die reg om stil te bly.

Ramaphosa sê hy twyfel geensins in Gordhan se vermoë om ’n beter Suid-Afrika vir almal te bou nie.

“Net soos alle Suid-Afrikaners is minister Gordhan ook onderhewig aan die wette van die land, maar het hy ook die reg tot regsverteenwoordiging en die reg om stil te bly,” sê Ramaphosa.

Hy is ook ten volle bewus van en verstaan die rol van die NVG.

“Ons moet die grondwetlike mandaat van die NVG respekteer en die organisasie moet sy werk sonder vrees kan doen.”

Ramaphosa sê verder die komende MTBR is ’n goeie geleentheid vir die regering om die ekonomiese toestand van die land te bestudeer en te verseker dat Suid-Afrika steeds ’n goeie keuse vir beleggers bly. – News24

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.