Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa is SA se ‘laaste hoop’, sê China

Pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika is die “laaste hoop” vir Afrika se gevorderdste ekonomie, maar sy regering moet aanmoedigingsbeleid in wette verander om meer Chinese beleggings te lok, het ’n senior Chinese diplomaat aan Reuters gesê.

China is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot en het groter beleggings belowe as enige ander land nadat Ramaphosa sy plan aangekondig het om $100 miljard se nuwe beleggings te kry om die ekonomie uit die sloot te help.

Terwyl hy sowat $55 miljard gekry het van onder meer Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), het dit tot dusver min gedoen om ekonomiese groei te stimuleer.

“Pres. Ramaphosa is die laaste hoop vir hierdie land,” het Lin Songtian, China se ambassadeur in Suid-Afrika, aan Reuters gesê.

President Cyril Ramaphosa in Parliament ahead of t
President Cyril Ramaphosa. Foto: Gallo Images

Terwyl Afrikalande ’n opbloei in die ontwikkeling van sy infrastruktuur oor die laaste dekade sien, is daar geen haalbaarheidstudies gedoen vir die projekte wat deur die Suid-Afrikaanse amptenare voorgestel is wat die Chinese regering kan oortuig van die winsgewendheid en volhoubaarheid daarvan nie.

’n Beleid om aanmoedigingskemas uit te brei, wat belastingverligting insluit, om buitelandse kapitaal te lok is nie genoeg vir Chinese beleggers nie. Hulle wil volgens Lin gunstige voorwaardes in ’n beleggingswet sien wat Suid-Afrika se parlement goedgekeur het.

“Tot nog toe is daar geen groot infrastruktuurprojekte van China hier nie. Hoekom? Omdat ons nie net die konsep van ’n projek nodig het nie,” sê Lin.

Dit sal ook geld inbring deur Suid-Afrika se outydse spoornetwerk op te gradeer, die Durbanse hawe te moderniseer en om Eskom te hervorm, volgens Lin.

Eskom is ’n skuldput
Lin Songtian, China se ambassadeur in Suid-Afrika

Eskom is in erge skuld gedompel en het voortdurend hulp van die regering nodig om aan die gang te bly. Dit word dikwels deur waardebepalingsagentskappe genoem as een van die grootste bedreigings vir Suid-Afrika se kredietwaardigheid en ekonomiese groei.

China se Ontwikkelingsbank het ingestem om $2,5 miljard aan Suid-Afrika te leen tydens pres. Xi Jinping se besoek aan Suid-Afrika verlede jaar.

“Eskom is ’n skuldput. China het hom al vantevore lenings gegee, maar nou het hulle baie versigtig geword. Eskom is nie ’n kwessie van geld nie, dit is ’n kwessie van bedrywe, meganismes, bestuur en bekwaamheid,” sê Lin.

Ramaphosa het vroeër die maand China se telekommunikasiereus Huawei verdedig terwyl Trump Europese nasies probeer oortuig om Huawei te boikot.

“Hierdie vasteland is arm, maar hulle is onafhanklik. Hulle sal nie Amerika navolg nie,” sê Lin. Reuters

Meer oor:  Handel  |  Ekonomie  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  China
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.