Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa kom wéér met leë beloftes, sê DA
cyril
Pres. Cyril Ramaphosa tydens die ANC-vieringe. Foto: Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa se toespraak in Durban by die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes, is vol leë beloftes, sê die DA.

Ramaphosa het Saterdag in ’n stampvol Moses Mabhida-stadion in Durban werksgeleenthede, ekonomiese groei, beter infrastruktuur, ’n nasionale gesondheidsplan, beter polisiëring en versnelde grondhervorming aan landsburgers belowe.

Maar die DA sê in ’n verklaring die verkiesingsmanifes bevestig dat die ANC nie verander het nie, dat Ramaphosa nie onmiddellik verandering kan bewerkstellig nie en dat sy beloftes leeg is.

“In ’n tyd dat daar hewige rasseskeiding in ons land is, het die president geen aanduiding gegee oor hoe ons as ’n nasie bymekaar kan kom en een Suid-Afrika vir almal kan bou nie,” lui die verklaring.

Vorige presidente het verskeie kere dieselfde beloftes gemaak, maar dit is nooit nagekom nie.

Die DA het Ramaphosa ook gekap omdat hy volgens die party geen dringendheid gewys het nie. Dít terwyl Suid-Afrika dringende oplossings nodig het.

Mmusi Maimane

“Niks wys dit beter as Ramaphosa se leë woorde oor werkskepping nie. Ramaphosa het 275 000 nuwe werksgeleenthede vir vanjaar belowe, maar in sy eerste jaar as president het Suid-Afrika 278 000 werksgeleenthede verloor. Hy het meer werk in sy eerste jaar op kantoor verloor as wat hy nou wil skep.

“Die president het nie gepraat nie oor onregverdige toegang tot werksgeleenthede waar geleenthede gehou word vir dié wat konneksies het,” lui die verklaring.

Die DA het ANC se planne om leerlinge rekenaartaal aan te leer afgelag, onder meer omdat 78% van tienjariges nie eens met begrip kan lees nie.

Rampahosa is ook gekritiseer omdat hy nie sterker teen korrupsie uitgevaar het nie en omdat hy nie oor onlangse kragonderbrekings gepraat het nie.

“Hy (Ramaphosa) kan doodeenvoudig nie die ANC, wat ons land tot op die afgrond van ’n mislukte staat gelei het, verander nie.”

Meer oor:  Da  |  Anc-Manifes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.