Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa kondig maatreëls aan om Eskom te red
cyril ramaphosa, eskom
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag met Eskom se direksie in sy Kaapse woning, Genadendal, vergader. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting binnekort verdere maatreëls aankondig om Eskom se finansiële en operasionale volhoubaarheid te herstel.

Dit volg ná ’n vergadering Dinsdag tussen Ramaphosa en die Eskom-direksie by sy Genadendal-ampswoning in Kaapstad, sê Khusela Diko, presidensiële woordvoerder, in ’n verklaring.

Die doel van die vergadering was hoofsaaklik om alle optrede wat die regering beoog om Eskom bestendig te maak, gegewe sy bedryfs- en geldelike probleme, in ooreenstemming met mekaar te bring.

Tito Mboweni, minister van finansies, Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het die vergadering ook bygewoon.

Diko sê verder Eskom se direksie het ’n verslag oor die inwerkingstelling van die kragvoorsiener se negepuntplan voorgelê. Dit behels sleutelprioriteite soos kostebesnoeiing, beter inkomste-invordering en kragtoevoer wat nie ontwrig word nie.

“Die president het dit aan die Eskom-direksie benadruk dat die kragvoorsiener as Afrika se grootste vervaardiger van elektrisiteit en een van die land se mees strategiese bates, kritiek is vir Suid-Afrika se groei en ontwikkeling,” aldus die verklaring.

* Ramaphosa lewer Donderdagaand sy staatsrede by die parlement waartydens hy waarskynlik meer besonderhede oor die planne vir Eskom bekend sal maak.

Meer oor:  Eskom  |  Tito Mboweni  |  Pravin Gordhan  |  Cyril Ramaphosa  |  Gwede Mantashe  |  Sona 2019  |  Staatsrede 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.