Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa kondig nuwe base aan wat ‘NVG gaan help herbou’

Advv. Ouma Rasethaba en Rodney de Kock is aangestel as die adjunk- nasionale direkteurs van openbare vervolging in die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het pres. Cyril Ramaphosa Maandagoggend bekend gemaak.

Die president het ook aangekondig adv. Mthunzi Mhaga word ’n spesiale direkteur in die kantoor van die nasionale direkteur van adv. Shamila Batohi, die nasionale direkteur van openbare vervolging.

NDOV
Adv. Rodney de Kock

Ramaphosa sê die aanstellings is gedoen nadat Roland Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, en Batohi gekonsulteer is.

“Die aanstellings is noodsaaklik vir die doeltreffende funksionering en herbouing van die NVG as deel van die stryd teen misdaad en korrupsie. Dit sal ook die NVG se vermoë verbeter,” het die president gesê.

Rasethaba het 30 jaar ervaring as prokureur en advokaat. Sy het die graad LLM aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

De Kock is al die laaste meer as 16 jaar die vervolgingshoof van die Wes-Kaap.

Mhaga het al verskeie rolle in die NVG vertolk, sê Ramaphosa in ’n verklaring.

* Die omstrede advv. Nomgcoba Jiba en Lawrence Mrwebi is in Desember verlede jaar amptelik as topdirekteure van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) uitgeskop.

Jiba as adjunk- nasionale direkteur van openbare vervolging, en Mrwebi as die spesiale direkteur van openbare vervolging.

Die Mokgoro-ondersoek het vroeër bevind Jiba het destyds by die NVG na oudpres. Jacob Zuma se belange omgesien en hom en mense naby aan hom beskerm. Sy en Mrwebi het ten nouste saamgewerk.

Meer oor:  Rodney De Kock  |  Nvg  |  Aanstellings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.