Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa loop voor met takbenoemings

Adj.pres. Cyril Rampahosa lei die fel ANC-presidentstryd met 1 859 ANC-takbenoemings teenoor dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se 1 321.

Die syfer sluit egter die 223 Mpumalanga-takke uit wat die woord “eenheid”, pleks van name op die benoemingslys vir die topses-ampte in die party geskryf het.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa.

Vyf provinsies het Ramaphosa nou amptelik benoem as hul voorkeurkandidaat om pres. Jacob Zuma by die party se nasionale verkiesingskonferensie later die maand by Nasrec in Johannesburg as president van die ANC te vervang, terwyl Dlamini-Zuma deur vier provinsies gesteun word.

Nadat daar dispute aangemeld is nadat die benoemings Maandagaand by die party se provinsiale raadsvergadering in KwaZulu-Natal gedoen is, het Dlamini-Zuma steeds dié provinsie se voorkeurkandidaat gebly toe die stemmery nagegaan en sy slegs 24 bykomende takbenoemings agter haar naam kon skryf wat haar totaal op 454 te staan gebring het. Ramaphosa se benoemings is met twee verminder tot 191.

Gauteng het Ramaphosa amptelik met ’n oorweldigende meerderheid as hul voorkeur-kandidaat benoem en hy kon 374 takbenoemings kry teenoor Dlamini-Zuma se 67.

Hoewel die voormalige Afrika Unie-voorsitter in Mpumalanga deur 123 takke benoem is en Ramaphosa ’n kortkop agter haar getrek het met 117, is dié provinsie steeds enigeen van die twee s’n nadat die 223 takke die “eenheid”-opsie gekies het.

Mpumalanga is die tweede grootste ANC-provinsie naas die beleërde KwaZulu-Natal en sal deur 736 afgevaardigdes by die nasionale konferensie verteenwoordig word.

In die Oos-Kaap is Ramaphosa deur 423 takke benoem en Dlamini-Zuma deur ’n skrale 61.

Limpopo het met 391 benoemings ook vir Ramaphosa hul voorkeurkandidaat gemaak terwyl Dlamini-Zuma slegs 104 benoemings kon kry.

Dlamini-Zuma is deur Noordwes onderskryf vir die presidentskap waar sy Ramaphosa met ’n groot meerderheid die loef afgesteek het toe sy 291 benoemings teenoor sy 44 gekry het.

Die Noord-Kaapse ANC het Ramaphosa met 154 takbenoemings as hul voorkeurkandidaat aangewys en Dlamini-Zuma kon hier slegs 11 takbenoemings kry.

Dlamini-Zuma kon in die Wes-Kaap ook net 13 benoeming kry teenoor Ramaphosa se 121.

Dlamini-Zuma kon egter vir Ramaphosa in die Vrystaat met 209 benoemings teenoor 44 verslaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.