Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa moet dadelik teen Gigaba optree, sê DA
Malusi Gigaba Foto: Felix Dlangamandla

Die staatsprokureur het tot dusver bykans R875 000 aan regskostes in die hofgeding tussen die departement van binnelandse sake en Fireblade Aviation opgedok.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Donderdag in antwoord op ’n parlementêre vraag deur John Steenhuisen, DA-hoofsweep, gesê dié bedrag beloop R874 199. Hy dié inligting by die kantoor van die staatsprokureur aangevra wat die betaling van regskostes namens staatsdepartemente hanteer.

Die DA is hoogs ontevrede oor die toedrag van sake en het gevra dat pres. Cyril Ramaphosa dadelik ingryp en teen Gigaba optree.

Die hofgeding het gekom nadat Fireblade Aviation, wat deur die skatryk Opperheimer-familie besit word, die hof gevra het om te verklaar dat die goedkeuring wat Gigaba aan hulle gegee het om hul eie private internasionale aankomsaal op die Internasionale Lughawe OR Tambo te bedryf nie herroep word nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Desember 2017 ten gunste van Fireblade beslis.

Dieselfde hof het in Februarie 2018 bevind dat hy onder eed gejok het.

Die appèlhof het later Gigaba se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys waarna hy besluit het om die kwessie na die konstitusionele hof te neem.

Cyril

Steenhuisen het Donderdag in ’n verklaring gesê dit is “absoluut onaanvaarbaar” dat Gigaba se voortdurende betrokkenheid by die Fireblade-kwessie net sal voortgaan om regskostes aan te gaan in sy poging om die verdoemende bevindings van die hooggeregshof dat hy onder eed gejok het om te keer.

Hy het verder gesê dit is hoogs waarskynlik dat Gigaba ook sy aansoek in die konstitusionele hof sal verloor.

“Die bedrag in regskostes wat deur die departement van binnelandse sake aangegaan is om die grondwetlike misdadiger te beskerm sal net voortgaan om te styg terwyl hy nodeloos dié kwessie op belastingbetalers se onkoste verder voer.”

Volgens Steenhuisen is dit eenvoudig nie genoeg dat Ramaphosa “groot kommer” uitgespreek het en “ernstige aandag” aan Gigaba se optrede gee nie. “… die verdoemende bevindings en stygende regskoste vereis dat pres. Ramaphosa dadelik ingryp en teen die minister optree.”

Die DA het reeds vroeër ’n formele klag by die openbare beskermer ingedien en versoek dat sy Gigaba se optrede in die lig van die ernstige bevindings van die hooggeregshof ondersoek.

Meer oor:  Fireblade Aviation  |  Cyril Ramaphosa  |  Malusi Gigaba  |  Da  |  Optrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.