Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa praat oor misdaad in dringende sitting in parlement

Pres. Cyril Ramaphosa spreek Woensdag om 14:00 ’n dringende sitting van albei huise van die parlement toe oor misdaad.

Pres. Cyril Ramaphosa met sy inhuldiging. Foto: Jaco Marais

Volgens Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, is dit die eerste keer in die geskiedenis van post-demokratiese Suid-Afrika dat ’n gesamentlike sitting van die parlement saamgeroep word. Dit wys hy is ernstig om die gender- en xenofobiese geweld wat die afgelope ruk krisisvlakke aangeneem het, te takel.

“Suid-Afrikaners soek spoedige en drastiese optrede teen misdaad en nie langer net lippetaal deur politici en polisiebase daaroor nie,” het Joemat-Pettersson Dinsdag aan Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, gesê toe hulle en hul onderskeie spanne voor die komitee verskyn het om hul planne voor te lê oor wat hulle gaan doen om die land se hemelhoë misdaadstatistieke te verminder.

“Die misdaadstatistieke wat verlede week vrygestel is, is wyd gekritiseer. Daardie kritiek is regverdig, omdat alle kontakmisdade, insluitend seksuele oortredings en verkragting toegeneem het.

“Ons moet daarom fokus op die moorde en seksuele oortredings. Ons het in die jongste misdaadstatistieke ook nie die statistieke van die laaste ses maande ingesluit nie. As dit ingesluit was, sou die prentjie nog erger gelyk het.”

Volgens Joemat-Pettersson is drastiese ingryping daarom nou nodig.

*Volg Netwerk24 se regstreekse dekking van Ramaphosa se toespraak in die parlement van 14:00 af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.