Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa sal Zondo se laaste getuie wees

Wanneer pres. Cyril Ramaphosa op 31 Mei en 1 Junie weer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn, sal hy die laaste persoon wees wat mondelings voor adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter, getuig.

Zondo het Dinsdag, toe hy bekend gemaak het op watter datums Ramaphosa sal getuig, gesê hy sal op die geleentheid getuienis lewer in sy kapasiteit as die president van die land.

Pres. Cyril Ramaphosa toe hy in April voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het. Foto: Gallo Images

Met sy vorige getuienis verlede maand het hy in sy hoedanigheid as president van die ANC getuig. Daar is egter nog uitstaande getuienis hieroor, wat hy ook sal lewer.

Zondo sê al sal Ramaphosa die laaste getuie wees wat mondelinge getuienis voor die kommissie lewer, is daar aansoeke van persone wat getuies wil kruisondervra en dit sal in ag geneem word. Waar dit in die belang van die integriteit van die werk van die kommissie en almal betrokke is dat enkele uitsonderings gemaak moet word en ’n getuie later geroep moet word, sal dit wel oorweeg word.

Die kommissie wil egter mondelinge getuienis begin voltooi, sê Zondo.

Zondo sê hy moet aandui dat daar oorspronklik gedink is dat mondelinge getuienis einde Maart voltooi sou wees.

Daarom het die kommissie in die hooggeregshof se aansoek dat die kommissie met drie maande verleng moes word, ten doel gehad dat April, Mei en Junie ter voorbereiding van die kommissie se verslag gebruik sou word.

Almal weet die kommissie het baie hard gewerk sedert die tweede helfte van verlede jaar met dubbele sittings en sittings oor naweke om sy werk te voltooi.

“Almal weet die kommissie het baie hard gewerk sedert die tweede helfte van verlede jaar met dubbele sittings en sittings oor naweke om sy werk te voltooi,” sê Zondo.

Mondelinge getuienis is egter steeds nie teen einde Maart voltooi nie.

Indien die mondelinge getuienis teen einde Maart afgehandel sou word, sou die baie belangrike getuienis wat sedertdien in April en Mei aangehoor is, ’n gaping in die kommissie se werk gelaat het, sê Zondo.

Dit het getuienis oor die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) ingesluit, asook die getuienis deur hoë amptenare verbonde aan staatsentiteite wat by staatskaping betrek is. Dit was nodig dat dié amptenare die geleentheid gegun word om hul kant van die saak te stel.

Die kommissie gaan weer ’n aansoek voor die hooggeregshof bring vir ’n beperkte uitstel om sy verslag af te handel, want die kommissie sal nie dié verslag teen einde Junie voltooi hê nie. Baie werk is egter reeds gedoen om die verslag te voltooi, sê Zondo.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.