Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa spyt oor Khosa se dood

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydagaand sy spyt uitgespreek oor mense wat tydens die staat van inperking aan die hand van die veiligheidsmagte dood is op ’n aanlyn inligtingsessie as deel van die ANC se veldtog teen rassisme.

Die veldtog spruit uit die wêreldwye protesoptrede teen die moorde op swart mans in die VSA ná die dood van George Floyd in Minneapolis.

Ramaphosa het onder andere na die dood van Collins Khosa op 10 April in Alexandra, Johannesburg, verwys.

Die Khosa-familie het verlede maand in hofstukke gesê dat soldate en metropolisiebeamptes glo sy hande agter sy rug vasgehou het terwyl hy gewurg en geslaan is. Hulle het ook aangevoer dat hy teen ’n muur vasgedruk is en met ’n geweerkolf geslaan is.

Die ondersoek na sy dood is nog nie afgehandel nie.

Ramaphosa het Vrydag ’n beroep op die weermag en die polisie gedoen om die aantygings te ondersoek.

Volgens hom sal die regering moeite doen om te verseker dat diegene wat vir sulke dade verantwoordelik is in die hof verskyn.

Hy is veral teleurgesteld nadat hy die owerhede gevra het om Suid-Afrikaners “nie as die vyand te behandel nie” toe hulle ontplooi is om die regulasies van die staat van inperking af te dwing, het hy gesê.

News24: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/coronavirus-all-the-latest-news-about-covid-19-in-south-africa-and-the-world-20200312

Meer oor:  Collins Khosa  |  Cyril Ramaphosa  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Polisie  |  Sanw  |  Staat Van Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.