Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa vat EFF se ‘politieke suurstof’

Nadat die EFF pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand oorheers het met hul optrede, het Ramaphosa hulle later van politieke suurstof ontneem met sy toespraak.

So sê die politieke ontleder Theo Venter van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom se sakeskool.

Die EFF het ’n politieke grens oorgesteek, sê hy.

“Dit wat die president in sy staatsrede aangekondig het, is omvangryk en gaan die EFF van sy politieke suurstof ontneem," sê Venter.

“Dit was ’n lang aand en die staatsrede was te lank vir die omstandighede, maar die president se fokus op die ekonomie, staatsondernemings en ondersteunende programme was op die regte plek. Grondhervorming is saam met landbou-inisiatiewe gevoeg en het minder aandag as die ekonomie gekry.”

Pres. Cyril Ramaphosa lewer Donderdaand sy staatsrede. Foto: Jaco Marais

Op sy beurt sê dr. Ralph Mathekga, ook ’n politieke ontleder, dit was Ramaphosa se beste staatsrede tot nog toe. Die president het erkenning gegee aan dit wat nodig is om gedoen te word en hy was baie spesifiek.

“Natuurlik is die president bekommerd oor die gebrek aan konsensus in die gemeenskap. Dit plaas druk op die skep van ’n akkoord oor beleidsrigting.”

Prof. Erwin Schwella, politieke ontleder van die Tilburg-Universiteit in Nederland en die Hugenote Kollege in die Boland, sê Ramaphosa het die pad van voorspoed en groter vereniging bo die pad van verdeling en vernietiging gekies.

Roland Henwood, politieke ontleder van die Universiteit van Pretoria, glo Ramaphosa het goed begin deur die erns van die land se probleme te erken. Daarna het hy verval in die ou praat van die “staat/regering” sal alles doen.

“Dit is omvangryke planne en ondernemings met min aanduidings van tydlyne en finansiers," sê Henwood.

“Die aankondiging oor elektrisiteit is positief. Hy het waarskynlik geen ander keuse gehad nie."

Meer oor:  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.