Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa vra paneel om Julie-onluste te ondersoek

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n paneel van kenners gevra om die oorsprong van die onluste in Julie te ondersoek.

Hy het dit in ’n geskrewe antwoord aan John Steenhuisen, DA-leier, bekend gemaak.

Steenhuisen wou weet of die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng ontstaan het weens binnegevegte in die ANC en of dit gegaan het oor ’n persoon.

Hy wou ook weet watter stappe gedoen is om teen moontlike opstokers van die onluste op te tree.

“Wetstoepassers het verskeie individue, wat glo die onluste aangehits het, in hegtenis geneem. Die sake is nou voor die howe en die gereg moet toegelaat word om sy gang te gaan. Dit sal ook nie reg wees om te probeer voorspel wat die ondersoeke gaan oplewer nie,” het Ramaphosa in sy antwoord aan Steenhuisen gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Presidensie

Hy sê hy het ook ’n paneel van kenners, onder leiding van prof. Sandy Africa, gevra om te probeer vasstel wat die oorsprong van die onluste kon wees. Hulle moet ook die wetstoepassers se reaksie daarop ondersoek.

“Ek sien uit na hul verslag. Hulle het my belowe dit sal voor einde vanjaar gereed wees,” sê hy.

Luidens die Universiteit van Pretoria het Africa die afgelope 20 jaar aan beleid vir nasionale veiligheid gewerk. Sy bied ook slypskole aan vir senior veiligheidsbeamptes en amptenare in die Suid-Afrikaanse staatsdiens, asook aan die breër verdedigings- en veiligheidsgemeenskappe van Afrika.

Grootskaalse geweld en onluste het in Julie uitgebreek kort nadat oudpres. Jacob Zuma in hegtenis geneem is. Miljarde rande se skade is in KwaZulu-Natal en Gauteng aangerig soos wat winkels geplunder, paaie versper en infrastruktuur beskadig is. Meer as 300 mense is ook in die onluste dood.

Ramaphosa het in sy geskrewe antwoord weer gesê dat die onluste fyn beplan is en dat individue daaragter sit.

“Die doel was om skade aan die ekonomie aan te rig en om maatskaplike onstabiliteit te skep,” sê hy.

Hy sê dit was ook ’n poging om rassespanning te skep.

Die doel was om skade aan die ekonomie aan te rig en om maatskaplike onstabiliteit te skep.

Meer oor:  Onluste  |  Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.