Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa wag eers met ‘tugstappe’ teen Gordhan

Pres. Cyril Ramaphosa sal eers tugstappe – indien nodig – teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, neem nadat sy hersieningsaansoek teen die bevindinge van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), afgehandel is.

Dit kom nadat Mkhwebane in Mei bevind het dat Gordhan, in sy vorige hoedanigheid as minister van finansies, ongrondwetlik opgetree het toe hy in 2010 die vervroegde aftrede van Ivan Pillay, voormalige adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur het.

Pravin GordhanFoto: Foto24

Mkhwebane het Ramaphosa versoek om kennis te neem van haar bevindinge teen Gordhan en om gepaste tugstappe teen hom te doen.

Die OB het ook die president gevra om binne 30 dae ’n plan voor te lê oor hoe hy die remediërende stappe wat aanbeveel is in werking sal stel.

Gordhan het egter kort ná die bekendmaking van die OB se verslag ’n aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien om die OB se verslag te laat hersien.

Die presidensie het Maandag in ’n verklaring gesê Ramaphosa het op 19 Junie ’n skriftelike reaksie aan Mkhwebane gestuur in reaksie op haar verslag ten opsigte van Gordhan.

Geen sperdatum is luidens die verklaring gestel oor wanneer die president die “gepaste tugstappe” moet doen nie.

In sy reaksie van 19 Junie het Ramaphosa dit “uitdruklik” gestel dat dié geskrewe reaksie ter nakoming was van die OB se opdrag aan hom om binne 30 dae ’n implementeringsplan voor te lê.

Hy het Mkhwebane in dié plan verseker dat hy kennis geneem het van haar bevindinge teen Gordhan. Hy het terselfdertyd haar aandag daarop gevestig dat die minister die verslag op hersiening geneem het.

“Pres. Ramaphosa het gesê ná oorweging van die OB se bevindinge teen minister Gordhan sowel as die minister se uitdagings daarvan in sy hersieningsaansoek dit onvanpas sal wees om in dié stadium tugstappe teen minister Gordhan te doen.

“Die president het verduidelik dat daar ’n hersieningsaansoek hangend is voor die hooggeregshof oor die wettigheid van die bevindinge om die aanbevole tugstappe op te grond.”

Ramaphosa het sy voorlegging aan die OB gesê dat dit beter sal wees om die proses van gepaste tugstappe teen Gordhan te laat wag totdat al die regsprosesse van sy hersieningsaansoek afgehandel is.

“Die president het dus aan die OB sy voorneme aangedui om sy besluit uit te stel oor watter tugstappe, indien enige teen minister Gordhan geneem sal word tot die finale beslissing van die minister se hersieningsaansoek,” lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.