Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa weer nie na Marikana
Pres. Cyril RamaphosaFoto: Werner Beukes

Die jongste poging om pres. Cyril Ramaphosa te oortuig om die gemeenskap van Marikana te besoek, het misluk.

Cosatu en sy filiaal, die Nasionale Unie van Mynwerkers (Num), hou Sondag by ’n gemeenskapsaal in die klein myngebied in die Noordwes ’n saamtrek.

’n Uitnodiging aan Ramaphosa om die verrigtinge by te woon is al drie maande gelede uitgestuur. Toe het Zingiswa Losi, president van Cosatu, wat saam met verteenwoordigers van die ANC, die SAKP en die SA Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco), die saamtrek bywoon, gesê sy is daartoe verbind om te sorg dat Ramaphosa Marikana besoek. Sy het bygevoeg dat gesprekke met die president in ’n gevorderde stadium is.

Solly Phetoe, adjunk-sekretaris-generaal van Cosatu, het gesê Ramaphosa het aangedui hy sal die saamtrek bywoon, “maar daar was vertragings met die finalisering van die datum en plek.

“Die president is steeds daartoe verbind dat hy tyd moet maak om Marikana te besoek,” het hy gesê.

In 2017 toe Ramaphosa nog adjunk-president was, het hy gesê hy wil Marikana besoek. Hy het tydens ’n saamtrek by die Rhodes-universiteit verskoning gevra vir die manier waarop die Marikana-slagting ontvou het. Altesame 34 mense is in Augustus 2012 in die slagting dood. Ramaphosa het gesê hy is jammer vir die soort taal wat hy destyds gebruik het.

Ramaphosa het aan die studente gesê dat hy tydens die Lonmin-mynstaking in Marikana ingegryp het om verdere lewensverlies te voorkom.

Op die vooraand van die slagting het Ramaphosa na bewering in ’n e-pos tussen die bestuur van Lonmin en regeringsamptenare gesê dat gebeure rondom die staking “duidelik misdadige dade is en as sodanig beskou moet word”.

Ramaphosa het deelgeneem aan ’n vraag-en-antwoord-sessie waar een student hom gevra het om die Marikana-slagting te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.