Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa wens Nyusi geluk met herverkiesing

Pres. Cyril Ramaphosa het pres. Filipe Nyusi van Mosambiek Saterdag gelukgewens met sy herverkiesing na afloop van die verkiesing in Oktober.

Nyusi se regerende Frelimo-party het die verkiesing loshande gewen deur 73% van die stemme te kry te midde van ontevredenheid onder opposisiepartye wat beweer daar is geknoei.

Ramaphosa het in ’n verklaring deur die departement van internasionale betrekkinge en samewerking die landsburgers van Mosambiek gelukgewens met die manier waarop hulle hulself gedurende die verkiesing gedra het.

“Suid-Afrika en Mosambiek geniet nou politieke, ekonomiese, handels- en mens-tot-mens-verhoudings. Die twee lande werk ook altyd nou saam op streeks-, kontinentale en wêreldvlak,” lui die verklaring.

Filipe Nyusi
'n Kieser hou 'n kaartjie voor die verkiesing vas wat vra om vir pres. Filipe Nyusi te stem. Foto: Reuters

Dit sê voorts Suid-Afrika en Mosambiek deel “sterk geskiedkundige en broederlike bande”, wat strek van die stryd teen kolonialisme en apartheid.

Luidens die verklaring is Mosambiek een van Suid-Afrika se sleutelhandelsvennote en sien Ramaphosa daarna uit om met Nyusi saam te werk – onder meer wat beleggings, die stryd teen ongelykhede en die uitwissing van armoede betref.

* Luidens syfers deur die land se nasionale verkiesingskommissie (CNE) het Ossufo Momade, presidentskandidaat van die hoofopposisieparty, Renamo, voorheen ’n rebellebeweging, 21,88% van die stemme gekry, maar hy het reeds beswaar gemaak teen die uitslag.

Netwerk24 het vroeër berig daar is gehoop dié verkiesing gaan tot samehorigheid tussen Frelimo en Renamo lei.

Die twee partye was vir 16 jaar in ’n burgeroorlog gewikkel wat in 1992 beëindig is en ’n vredesverdrag is drie maande gelede onderteken om ’n beslissende einde te bring aan die konflik van vier dekades.

Een van Nyusi se groot uitdagings is sy hantering van die bloeityd in die ontginning van aardgasse met die Amerikaanse oliereus ExxonMobil en die Franse oliemaatskappy Total wat grootskaalse projekte in die land bedryf.

Terselfdertyd moet hy ook die toename in Islamitiese rebelle in die land teenwerk.

Meer oor:  Ramaphosa  |  Filipe Nyusi  |  Mosambiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.