Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramptoestand in KZN afgekondig
Soldate loop vroeër verby ’n geplunderde winkel in Soweto. Foto: Reuters

Sihle Zikalala, die premier van KwaZulu-Natal, het pas ’n ramptoestand in dié provinsie afgekondig.

Hy het Donderdagmiddag in Durban aan lede van die media gesê dit is nodig in die lig van die groot skade wat tydens onluste in die provinsie aan infrastruktuur aangerig is.

“Daar is miljarde rande se skade aan ons infrastruktuur aangerig. Die ramptoestand in die provinsie is ingestel sodat ons aan die begroting kan verander om te begin herbou.”

Zikalala sê dit is nog nie duidelik vir hoe lank die ramptoestand van krag sal wees nie.

Netwerk24 het vroeër berig dat die skade weens onluste in KwaZulu-Natal byna R15 miljard beloop.

Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Ramptoestand  |  Onluste  |  Skade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.