Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramptoestand tot 15 Februarie verleng

Die ramptoestand in Suid-Afrika is amptelik tot 15 Februarie verleng.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag in die Staatskoerant afgekondig dat sy die ramptoestand van 15 Januarie tot 15 Februarie verleng, “met inagneming dat daar ’n behoefte is om voort te gaan met aanvullings tot die bestaande wetgewing en gebeurlikheidsplanne wat ingestel is om die impak van die ramp te hanteer”.

Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand die vlak 3-inperking verleng het.

Dlamini-Zuma het die ramptoestand verlede jaar op 15 Maart die eerste keer afgekondig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.