Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ras as toerisme-maatskaf ‘sluit nié wit mense uit’

Ras word as maatstaf gebruik om te bepaal watter toerisme-ondernemings vir Covid-19-verligtingshulp kwalifiseer omdat Suid-Afrika steeds die mees ongelyke samelewing is, hou Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, vol.

Sy het dít Maandag weer benadruk nadat sy tydens ’n gesamentlike aanlyn sitting van die parlement se twee komitees wat toesig oor die departement van toerisme hou, deur sommige LP’s uitgevra is oor waarom haar departement ras as kriteria gebruik om te bepaal watter klein, mikro- en middelslagondernemings in die toerismebedryf vir die eenmalige uitbetaling van R50 000 kwalifiseer om die pandemie te oorleef

Vroeër is berig dat die hooggeregshof in Pretoria verlede week ’n aansoek van Solidariteit en AfriForum teen die toepassing van dié raskriteria vir die verspreiding van die R200 miljoen-verligtingsfonds vir die toerismebedryf, van die hand gewys het. Dié organisasies wil teen dié uitspraak appelleer.

Luidens ’n voorlegging van Kubayi-Ngubane se departement Maandag aan die komitees, is die internasionale toerismemark verlam deur die Covid-19-pandemie, maar is dit in hierdie stadium te vroeg om die totale impak daarvan op Suid-Afrika te bereken.

Die voorlegging het verder gelui dat meer as 12 000 aansoeke van sukkelende toerisme-ondernemings vir die hulpverligting ontvang is. Hiervan is 4 989 afgehandel.

Kubayi-Ngubane het dit duidelik aan LP’s gemaak dat daar te veel aansoeke ontvang is.

“As dit teen R50 000 per entiteit bereken word, gee dit ons 4 000 maatskappye waarvoor ons kan gee.”

Die beleid sê as jy ’n klein onderneming in terme van die kategorie is wat ons daargestel het, kwalifiseer jy om vrygestel te word. Die vraag wat ons moet vra is waarom ons wit mede-Suid-Afrikaners voel dat hulle die wette van die land kan ignoreer.

Oor die toepas van ras om te bepaal wie daarvoor kwalifiseer, het sy benadruk dat “ons nie blindelings kan sê dat die verlede nie gebeur het nie. Ons probeer hier 300 jaar se diskriminasie regstel wat steeds voortduur. Ons ongelykheid waarvan ons praat, het nie oor die afgelope 26 jaar gebeur nie.”

Volgens haar sal die proses om te bepaal wie kwalifiseer daarom gelei word deur die vereistes oor breed gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB) vir die toerismebedryf.

“Dit beteken egter nie as jy wit is dat jy nie kwalifiseer nie. As enigiemand so dink, is hulle onkundig, want die regering se beleid sê nie so nie.

“Die beleid sê as jy ’n klein onderneming in terme van die kategorie is wat ons daargestel het, kwalifiseer jy om vrygestel te word. Die vraag wat ons moet vra is waarom ons wit mede-Suid-Afrikaners voel dat hulle die wette van die land kan ignoreer.

Dit beteken egter nie as jy wit is dat jy nie kwalifiseer nie. As enigiemand so dink, is hulle onkundig, want die regering se beleid sê nie so nie.

“Watter samelewing en land bou ons as baie mense dink dat swart mense net werkers moet wees?

“Is die insinuasie dat maatskappye wat aan BBSEB voldoen, nie werkgewers is nie? Waar kom dié idee vandaan? Verstaan ons werklik die toerismebedryf? Verstaan ons werklik die basiese beginsels van ons Grondwet en wat ons probeer doen?

“Ons sal nooit die land kan handhaaf as ons ’n samelewing bly wat so erg ongelyk is nie. Waar die meerderheid aan die kantlyn van die ekonomie is nie.

“Hoe sal hulle by hierdie ekonomie inkoop en dit beskerm as hulle voel dat hulle self nie beskerm sal word nie?” wou Kubayi-Ngubane weet.

Meer oor:  Koronavirus  |  Toerisme  |  Mmamoloko Kubayi-Ngubane  |  Covid-19  |  Ras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.