Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC 'krap rassis onder elke bos uit'

Suid-Afrika verval in rasse-McCarthy-isme – dit is ongesond en druis in teen die grondwet, het die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, Vrydag gesê.

Hy blameer die ANC daarvoor dat elke landskwessie tot ‘n rasse-aangeleentheid gereduseer word.

“Elke keer wanneer mens ‘n minister aanvat of ‘n mislukking van die regering uitwys, word die rassevinger na jou gewys en dit is die lens waardeur elke argument opgeweeg en beoordeel word. Dis nes Joseph McCarthy se vinger wat kommuniste in die 1950’s uitgewys het en mense wat hekse uitgewys het in die 1690’s”. Dit is opgeblase histerie en versinde woede en dit is baie ongesond.”

Hy het na die hewige reaksie op Dianne Kohler Barnard verwys nadat sy ‘n Facebook-inskrywing oor PW Botha gedeel het en gesê daar is geen verskoning daarvoor nie. “Ek sal niemand verdedig wat daardié idees laat voortleef nie. Dit was verkeerd en onverskoonbaar. Maar ek dink nie die straf van ontslag is gepas nie, veral nie ná opregte spyt wat uitgespreek is nie.”

Suid-Afrika was nog alltyd ‘n voorbeeld van vergifnis en versoening, en “as ons die vermoë verloor om dit te doen, is ons op ‘n afwaartse spiraal wat ons nie wil sien nie.”

Steenhuisen het gesê dit is gepas dat Kohler Barnard haar posisie in die skadukabinet verloor het, en om in die openbaar aangespreek te word en selfs sanksies van die party. Dit is gepas om haar  lidmaatskap op te skort – maar dit moet ‘n tydelike skorsing wees.

Tog aanvaar hy al die besluite van die DA se federale raad en respekteer dit “al stem ek nie saam nie”.

Die appèlproses het begin en “vars hande sal die getuienis opweeg en besluit. Ons moet die uiteinde van daardie proses respekteer".

Kohler Barnard appelleer teen die federale raad se besluit om haar swaarder te straf as wat die dissiplinêre paneel voorgestel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.