Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Rasskandaal: EFF ontken aandeel aan werkverliese

29 mense is hul werk kwyt in die uitkringeffek van die skandaal waarin die sakeman Adam Catzavelos rassistiese uitsprake op ’n strand in Griekeland gemaak het.

EFF-ondersteuners het Donderdag die Smokehouse and Grill in Braamfontein, Johannesburg, bestorm waarin Catzavelos ’n minderheidsbelang gehad het.

Sondag het die restaurant sy deure gesluit.

Adam CatzavelosFoto: Twitter

Die Smokehouse and Grill sê in ’n verklaring die EFF se optrede het die swak handelstoestande vererger wat hom verplig het om sy deure te sluit.

Die EFF sê dit is nie sy skuld dat die restaurant moes sluit en mense hul werk verloor het nie.

“Ons het aan ’n militante betoging by die restaurant deelgeneem om te eis dat die familie van Adam Catzavelos volle verantwoordelikheid aanvaar vir sy optrede,” sê Cassius Mabunda, voorsitter van die EFF in wyk 60 van Johannesburg.

Mabunda beskryf die sluiting van die restaurant as ’n “truuk” en “gepaste voorbeeld van die optrede van mense wat aan die stuur van die land se ekonomie staan, en hoe hulle eerder ander sal afdank as wat hulle daadwerklik stappe teen rassisme sal doen”.

Mabunda beweer die EFF sou met die restaurant se bestuur ontmoet maar dat hulle nie opgedaag het nie.

“Dit is bewys dat hulle weier om rassisme te hanteer,” sê Mabunda.

Meer oor:  Adam Catzavelos  |  Eff  |  Rassistiese Video  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.