Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Regering aandadig aan plaasmoorde, sê AfriForum

Die regering is deels aandadig aan plaasmoorde, het Ernst Roets, adjunkuitvoerende hoof van AfriForum, Donderdag by die bekendstelling van sy boek oor plaasmoorde en plaasaanvalle gesê.

Hy gee in die boek, Kill the Boer, tien redes vir sy stelling.

Ernst Roets, adjunkuitvoerende hoof van AfriForum, op die bekendstelling van sy boek, Kill the Boer.

Dit is onder meer dat die polisie nie aantygings ondersoek dat staatsamptenare en lede van die polisie plaasmoorde aanmoedig nie.

Lede van die regering en die polisie is volgens hom betrokke by die beplanning en uitvoering van die aanvalle.

Hy het ook verwys na ’n vermeende bendelid wat in ’n stemopname beweer het Julius Malema, EFF-leier, het hom in die tronk besoek en gevra om ’n “goue span” byeen te bring om plaasmoorde uit te voer.

Dié opname is in 2017 op die ondersoekprogram Carte Blanche uitgesaai.

AfriForum wil ’n klag teen Malema by die polisie indien sodat die voorval ondersoek word. “Dit kan wees dat die bendelid in die opname gejok het, maar ons probleem is dat die voorval nie ondersoek word nie,” het Roets gesê.

Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie kan nie iemand net op grond van ’n stemopname ondersoek nie. “Ek kan ’n telefoongesprek tussen ons twee opneem en jou laat klink soos Mahatma Gandhi. Daar moet eers ’n klag ingedien word voordat ons dit kan ondersoek.” Hy weet nie van enige sake waar staatsamptenare of polisielede ondersoek word oor die aanhitsing van plaasmoorde nie.

Ernst Roets se boek, Kill the Boer.

Van die ander redes waarom Afriforum meen die regering is deels aandadig aan plaasmoorde, is dat dit nie as prioriteit hanteer word nie hoewel dit soos ’n oorlog word, negatiewe stereotipering van wit boere, die romantisering van geweld teen boere, haat wat van politieke platforms af verkondig word, en die veragting en bespotting van die slagoffers van die aanvalle.

Die regering verdedig soms ook die sing van struggle-liedjies soos “Kill the Boer”. Hy beskryf vyf sulke voorvalle en sê plaasaanvalle het in die daaropvolgende paar maande met 75% gestyg.

AfriForum sê nie alle plaasmoorde is polities gemotiveer nie, maar hy is bekommerd daaroor dat die politieke element onderspeel word. Dit is ’n unieke soort misdaad wat as ’n prioriteitsmisdaad geklassifiseer behoort te word. “Plaasmoorde is nie gewone misdaad nie. Dis meer as net ’n moord.” Die wreedheid, hoe gereeld dit plaasvind, die rol wat boere in die ekonomie speel, en dat boere afgeleë woon, maak volgens hom dié moorde uniek.

AfriForum het bekend gemaak dat hy ’n onafhanklike kommissie van ondersoek gaan aanstel om te bepaal wat die faktore is wat tot plaasmoorde aanleiding gee.

Kill the Boer sal op 30 Junie aan die publiek bekend gestel word. Dit sal kort daarna in boekwinkels beskikbaar wees.

Meer oor:  Afriforum  |  Ernst Roets  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.