Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Regering, ANC kap Israel oor geweld in Jerusalem
Die Israelse polisie en Palestynse betogers was die naweek in botsings betrokke. Talle Palestyne is beseer. Foto: Getty Images

Die regering en die ANC het hulle in die naweek afsonderlik uitgespreek teen die optrede van die Israelse polisie teen Palestynse betogers die naweek in Jerusalem.

Vrydag is minstens 205 Palestyne en 18 Israelse polisiebeamptes beseer toe die polisie met rubberkoeëls en skokgranate op Palestynse jeugdiges geskiet wat die polisie by ’n moskee in die ou stad onder klippe gesteek het, berig Reuters.

Saterdag is nóg 80 mense beseer in konflik tussen die polisie en Palestynse betogers.

Die spanning tussen die polisie en die Palestyne het met Ramadan toegeneem te midde van al hoe groter ongelukkigheid oor die moontlike uitsetting van Palestyne uit huise op grond in Jerusalem wat Joodse setlaars sê aan hulle behoort.

Palestyne hardloop Saterdags weg nadat die Israelse polisie ’n skokgranaat afgeskiet het by die Damaskus-poort in Jerusalem. Foto: Getty Images

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het in ’n verklaring gesê die Suid-Afrikaanse regering is diep bekommerd oor die voortgesette botsings by die Al-Aqsa-moskee “toe Israelse soldate Palestynse aanbidders aangeval het terwyl hulle by die heilige vergaderplek gebid het”.

Suid-Afrika verwerp die aanvalle en die beplande uitsettings van Palestyne uit Oos-Jerusalem.

Hy waarsku Israel dat hy die internasionale reg oortree.

Op sy beurt het die ANC in ’n verklaring gesê “die aanvalle op die Palestyne is deel van ’n gekoördineerde en uitgebreide agenda deur apartheid Israel om sy onwettige besetting van Palestynse grondgebied te versterk”.

Suid-Afrika se bande met Israel is een van die strydpunte by die naweek se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

Suid-Afrika se bande met Israel is een van die strydpunte by die naweek se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

Die ANC-faksie wat Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, ondersteun, gebruik dit as een van die stokke waarmee hulle pres. Cyril Ramaphosa en sy faksie probeer bykom.

Hulle voer aan die regering het onder Ramaphosa se leiding nog nie behoorlike uitvoering gegee  aan ’nbesluit op die ANC se nasionale konferensie in 2017 oor Israel nie.

Die ANC het by Nasrec sy onvoorwaardelike steun van die mense van Palestina toegesê.

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur is in 2018 herroep en die ambassadae is afgeskaal tot ’n belangekantoor.

Ramaphosa wil hê Suid-Afrika moet ’n konstruktiewe rol speel om al die partye bymekaar te bring om ’n oplossing vir die krisis tussen die Palestyne en Israel te vind.

Hy het ook al gesê Suid-Afrika het op tegnologiese gebied baie by Israel te leer.

Israel beskou die hele Jerusalem as sy grondgebied, terwyl die Palestyne aanspraak maak op Oos-Jerusalem.

Meer oor:  Jerusalem  |  Geweld  |  Gasa-Konflik  |  Regering  |  Kritiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.