Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Regering ‘blaas self rassespanning aan’

Dis nie net dat die ANC nie genoeg doen om nierassigheid te bevorder nie – deur sy optrede blaas die regerende party eintlik self rassespanning aan.

Dit is die reaksie van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand op ’n ANC-gedenklesing van oudpres. Nelson Mandela erken het dat daar ’n beskouing is dat die ANC nie genoeg doen om ’n nierassige Suid-Afrika te bou nie.

“Dis nie net dat die ANC nie genoeg doen nie; hy veroorsaak self polarisasie in verband met die uitsprake van sommige ANC-leiers,” sê Kriel.

Die rassespanning word volgens hom vererger deur beleid soos onteiening sonder vergoeding, hulpfondse op ’n rassegrondslag vir sukkelende ondernemings, en wetgewing waar kleur ter sprake is.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Elizabeth Sejake

Intussen is die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) besig om klagtes te ontleed wat verband hou met rassekwessies tydens die wydverspeide geweld en plundering die laaste tyd in dele van die land.

Prof. Vishwas Satgar van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Sondag op die gedenklesing die MRK versoek om ondersoek in te stel na wat tot die beweerde rassespanning verlede week tussen die swart en Indiër-gemeenskappe in KwaZulu-Natal gelei het.

Satgar het selfs so ver gegaan om te sê dat die land “gelukkig was” om ’n georkestreerde “rasse-oorlog” af te weer. Hy sê die Indiër-gemeenskap is deur ’n rasgedrewe aanslag in die gesig gestaar wat in ’n volksmoord kon ontaard.

Adv. André Gaum, kommissaris van die MRK, het Maandag slegs bevestig dat hulle klagtes oor “rasse-profilering” ontvang het en dat dit ontleed word.

“Waarskynlik sal ons besluit om ’n wyer ondersoek oor die kwessie te doen. Ek moedig ook mense aan om klagtes by ons in te dien.”

Kriel sê ondanks die ANC-regering is daar “positiewe groepsverhoudinge” in Suid-Afrika.

“Ons sien wel samewerking tussen gemeenskappe en dat gesonde verhoudinge op grondvlak ontwikkel word, en die krisis het waarskynlik daartoe bygedra omdat dit noodsaaklik was vir gemeenskappe om saam te staan.”

Meer oor:  Kallie Kriel  |  Plundery En Geweld  |  Politiek  |  Afriforum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.