Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Regering sê in Junie hoe hy staatskaping pak – Nene

Die regering is besig om sy planne agtermekaar te kry en sal binne die volgende 100 dae strategieë bekend maak oor wat gedoen gaan word om korrupsie en staatskaping te beveg.

Planne sal ook bekend gemaak word oor hoe diegene wat vir korrupsie en staatskaping verantwoordelik was, voor die gereg gebring sal word.

Nhlanhla Nene, minister van finansies,, Maandag aan die woord op die vakverbond Fedusa se kongres in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

So het Nhlanhla Nene Maandag by sy eerste openbare optrede nadat hy vir die tweede keer minister van finansies geword het, gesê. Hy het op die vakbondfederasie Fedusa se beraad in Kameeldrift, Pretoria, gepraat.

Nene het beraadgangers die versekering gegee dat diegene wat vir die grootskeepse korrupsie in die regering en staatsinstelling én staatskaping verantwoordelik was, voor die gereg gedaag sal word.

“Dit is ’n saak van dringendheid dat Suid-Afrikaners en die buiteland weer vertroue in die land se regering én instellings kry.

“Ons (die nuwe kabinet) het die massiewe taak geërf om die land weer op die wenpad te kry. Feitlik alle Suid-Afrikaners en beleggers in die buiteland het vertroue in Suid-Afrika verloor. Dié situasie moet baie gou omgekeer word,” het Nene gesê.

Met verwysing na die Valke wat nou op beweerde korruptes toeslaan, het Nene gesê hul optrede is maar net een van die bewyse dat ’n herlewing reeds in Suid-Afrika plaasvind.

“Selfs die Valke wys nou nuwe spierkrag,” het Nene gesê sonder om die Guptas of oud.pres. Jacob Zuma een keer by die naam te noem.

Die korruptes en die staatskapers moet aan die pen ry. Suid-Afrika verwag dit van die regering. As dit nie gebeur nie, sal die vertroue in die regering nooit herstel kan word nie, het hy gesê.

Die nuwe kabinet, veral hy en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, “werk reeds baie nou saam om staatsentiteite, soos Eskom, die SAL en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), vas te vat en te herstel”. “Ons het saamgestem dat die staatsentiteite ons onmiddellike aandag benodig.

Suid-Afrikaners is mismoedig en was die laaste paar jaar traag om belasting te betaal omdat hulle gemeen het hul geld word 'gekaap'.

“Ons kan dit nie meer toelaat dat die rykes van die armes steel nie,” het hy gesê.

“Suid-Afrikaners moet weer aangemoedig word om belasting te betaal.”

Suid-Afrikaners is mismoedig en was die laaste paar jaar traag om belasting te betaal omdat hulle gemeen het hul geld word “gekaap”. “Die SAID is een van die instellings wat reggeruk moet word en waarin vertroue herstel moet word,” het Nene gesê.

Nene het Suid-Afrikaners genooi om korrupsie aan te meld en nooit daaroor stil te bly nie. “Skree dit hardop uit. So sal ons Suid-Afrika vorentoe vat.”

Nene het gesê die tweede keer dat hy as minister beëdig is, het hy werklik besef wat dit beteken het om die eed af te lê. “Ek het daarmee ’n kontrak met Suid-Afrika gesluit en ek sal daardie kontrak eerbiedig,” het hy onder luide toejuiging gesê.

Op die vraag of hy ooit gedink het hy sou weer as minister van finansies na die kabinet terugkeer, het Nene gesê kort nadat hy uit die kabinet geskop is, het hy gedink hy sal homself eerder om die lewe bring as om na die regering terug te keer. “Maar die uitnodiging om terug te keer het op die regte tyd gekom. Ek het ’n plig om te vervul. Daarom is ek terug om die mense van Suid-Afrika te dien.”

Meer oor:  Valke  |  Nhlanhla Nene  |  Pretoria  |  Staatskaping  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.