Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Registreer op dié datums vir verkiesing

Registrasie vir die plaaslike verkiesings wat op 27 Oktober gehou word, sal op 17 en 18 Julie plaasvind.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het Woensdag aangekondig 23 146 stemlokale landwyd sal van 08:00 tot 17:00 oop wees vir sowel nuwe kiesers wat wil registreer, as vir bestaande kiesers wat hul status wil nagaan en aanpas.

Voor dié naweek sal die OVK kiesers in ’n landwye veldtog inlig oor wat hulle te doen staan. Dié veldtog sal op verskeie multimediaplatforms aangebied word, soos televisie, radio en digitale media.

Die OVK sal ook op skole en tersiêre instellings fokus om jong mense wat vir die eerste keer kan registreer, aan te moedig om dit te doen.

Dit is die enigste naweek wat opsy gesit word vir registrasie, maar die OVK sê registrasies kan deurlopend by enige OVK-kantoor gedoen word.

Mense wat reeds geregistreer is, sal steeds deur die OVK se webtuiste hul besonderhede kan naslaan met behulp van die “Click, Check, Confirm”-funksie.

Hierdie funksie is in 2018 begin en 350 000 kiesers het dit gebruik.

Om te kan registreer, moet ’n mens:

• Ouer as 16 wees;

• ’n Landsburger wees en in besit van ’n paspoort of identiteitsdokument (boek of kaart). Neem dit saam;

• Registreer in die wyk waar jy woon, of die meeste van die tyd is. Jy hoef net ’n adres te verskaf, maar hoef nie ’n bewys van adres, soos ’n nutsdiensrekening, te verskaf nie; en

• Te alle tye ’n masker dra en veilige afstande handhaaf.

Daar sal ontsmetmiddel beskikbaar wees, asook penne, maar as jy sou verkies om jou eie skryfbehoeftes te vat, sal dit toegelaat word.

Vir meer inligting, besoek die OVK se webtuiste by: www.elections.org.za.

Vanaf Junie sal die OVK se inbelsentrum oop wees en die publiek kan 0800 11 8000 skakel vir hulp.

Stuur ook ’n e-pos na info@elections.org.za.

Daar sal ook inligting op die OVK se Facebook en Twitter-rekeninge ( @IECSouthAfrica) beskikbaar wees.

Bestaande kiesers kan hul status op die webtuiste nagaan, of jou ID-nommer na 32810 stuur. ('n Boodskap kos R1.)

Die OVK het ’n spesiale beroep gedoen op diegene wat vanjaar vir die eerste keer mag registreer om dit te doen.

As jy verhuis het, moet jy die naweek gebruik om jou besonderhede by jou stemlokaal aan te pas.

Meer oor:  Politiek  |  Registrasie  |  Kieserregistrasie  |  Stem  |  Munisipale Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.