SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
Regspanne moet middeweg vind oor Zuma en kruisverhoor
Oudpres. Jacob Zuma ná die verdaging van die Zondo-kommissie Woensdag. Foto: Felix Dlangamandla

Oudpres. Jacob Zuma se getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is voorlopig tot Vrydag uitgestel nadat hy en sy regspan hul erge beswaar aangeteken het oor die “deeglike” kruisondervraging waaraan hy onderwerp is.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter, het die aankondiging oor die uitstel gemaak nadat adv. Musi Sikhakhane SC, Zuma se regsverteenwoordiger, kort ná 14:30 Woensdag ’n verdaging gevra het om by Zuma te hoor of hy bereid is om verder kruisondervra te word.

Zondo sê die verdaging was nadat Zuma en sy regspan besware gehad het en daaroor wou beraadslaag.

“Daar is ’n gesprek gevoer voor my en die kommissie se regspan, sowel as die oudpresident se regspan, en albei het ’n voorstel gemaak waartoe ons ingestem het. Ons het ooreengekom albei regspanne moet ’n kans kry om na die besware te kyk en te sien of Zuma op ’n manier tegemoetgekom kan word sonder om die kommissie se regspan se verpligtinge in gedrang te bring.”

Volgens Zondo word Zuma se getuienis tot Vrydag uitgestel om die regspanne kans te gee om ’n middeweg te vind sonder dat die kommissie sy plig versuim.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Zuma-Getuienis  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.