Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Regstellende aksie waar daar ongelykheid is - Cyril
Cyri Ramaphosa
Pres. Cyri Ramaphosa Woensdag by die presidensiële gespreksessie met die jeug by die parlement. Foto: Jaco Marais

Regstellende aksie is nie iets wat ná 25 jaar tot ’n einde kan kom nie en daar sal steeds regstellende optrede wees waar mense negatief deur ongelykhede geraak word.

Dit was pres. Cyril Ramaphosa se antwoord toe ’n leerling hom Woensdagaand op ’n presidensiële gespreksessie met die jeug by die parlement hieroor uitgevra het.

Ramaphosa het gesê die land is besig om die ongelykhede van die verlede reg te stel.

“Ons wil ’n nierassige, nieseksistiese, voorspoedige en demokratiese Suid-Afrika bou. Dit is ons as nasie se hoofdoelwitte.”

Dit sal egter volgens hom nooit in een dag gebeur nie.

“Dit gaan nooit ’n 25-jaar-plan wees nie. Dit sal amper lewenslank moet gebeur waar ons herhaaldelik sal moet sê dat ons ontslae wil raak van seksisme in die land en van rassisme, want ons wil voorspoedig in die land wees. Ons kan nooit rus om hierdie voorspoedigheid te bewerkstellig nie.

“Net soos die euwels van onderdrukking en ongelykheid steeds bestaan, sal ons nooit kan sê dit is genoeg, ons het dit 25 jaar lank gedoen nie. Ons moet ongelykheid, rassisme en seksisme in Suid-Afrika uitroei.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Jaco Marais
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Jaco Marais
Ons wil ’n nierassige, nieseksistiese, voorspoedige en demokratiese Suid-Afrika bou.

“So, ons sal dit regstel waar mense steeds deur ongelykheid geraak word. Ons woon in die mees ongelyke land ter wêreld. Die Gini-koëffisiënt van ons land is die hoogste ter wêreld en ons Grondwet verklaar dat ons moet verseker dat ons programme moet begin wat gelykheid teweeg sal bring vir die mense van Suid-Afrika. Daardie programme het vele fasette en ons moet deel wees daarvan,” het Ramaphosa gesê.

Talle jeugleiers het die gespreksessie bygewoon. Bydraes is onder meer gelewer deur Khaya Sithole, ’n professionele jong man, dr. Aisha Pandor, ’n sakevrou, Anisa Mazimpaka, ’n jong jeugleier, Camagwini Nomangxongo van die LGBTI-gemeenskap en Masingita Paulette Masunga, ’n gestremde jeugleier.

Ramaphosa, wat die gesprekke as onder meer bemagtigend beskryf het, het gesê ná 25 jaar van demokrasie word die jeug deur ’n krisis in die gesig gestaar. Hulle het egter ’n regering wat ’n voorstander van die ontwikkeling van die jeug is.

Die jeugkwessie sal in sy staatsrede aandag geniet, maar is nie die enigste brandende kwessie waarop hy sal fokus nie.

Ramaphosa het gesê jong mense moet “ware sake-ondernemings” bedryf en wins kan maak ná belasting. Hulle moenie net rent seekers wees of tenders najaag nie.

Met verwysing na Pandor vir wie dit twee maande geneem het om haar sake-onderneming te registreer, het Ramaphosa gesê in Suid-Afrika behoort entrepreneurs soos in Rwanda in staat te wees om ’n onderneming binne ’n paar uur te registreer.

“Dit is waarheen ons behoort te beweeg.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kaapstad  |  Parlement  |  Sona  |  Regstellende Aksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.