Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Regstelling en veral grondkwessie moet versnel, sê Cyril
President Cyril Ramaphosa.

Suid-Afrika moet voortstu met beleid oor swart bemagtiging en regstellende aksie om meer swart mense by die werkwêreld in te bring, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het Saterdag by die 95ste verjaarsdagvieringe van die voormalige vryheidsvegter Andrew Mlangeni gepraat en gesê die versnelling van ekonomiese transformasie moet sentraal wees sodat die ekonomie alle Suid-Afrikaners bevoordeel.

Ons moet iets doen aan die nalatenskap van rassisme wat veroorsaak het dat swart mense in arm gebiede woon, ver van werkplekke en geleenthede.

“Ons moet iets doen aan die nalatenskap van rassisme wat veroorsaak het dat swart mense in arm gebiede woon, ver van werkplekke en geleenthede.”

Volgens Ramaphosa kan die belofte in 1994 van ’n beter lewe vir almal nie langer uitgestel word nie.

“Die proses van geskiedkundige regstelling, veral oor die grondvraagtuk, moet versnel word.

“Tensy ons dit ’n wêreld maak wat werklik vry is van die dompas van die hart en die kop, sal ons nooit ’n verenigde nasie wees nie,” sê Ramaphosa.

Ramaphosa het gesê die dood van George Floyd in Amerika het diep wonde heropen en dat Suid-Afrika in solidariteit met Afro-Amerikaners staan.

Floyd is op 25 Mei aan die hand van ’n wit polisieman in Minneapolis, Minnesota, dood en sy dood het tot wydverspreide betogings teen rassisme in die VSA en in ander lande gelei.


In die VSA het ons swart broers en susters begin met ’n massiewe geveg om hul waardigheid weer op te eis. Die wonde (wat oopgekrap is) is die wonde waarmee ons broers en susters in Amerika elke week en elke jaar moet leef.

“In die VSA het ons swart broers en susters begin met ’n massiewe geveg om hul waardigheid weer op te eis. Die wonde (wat oopgekrap is) is die wonde waarmee ons broers en susters in Amerika elke week en elke jaar moet leef.”

“Dit is hoekom ons in solidariteit staan by ons Afro-Amerikaanse broers en susters, en ons wens dat die Amerikaanse mense kan versoen, soos ons het, en die deure van rassistiese onreg finaal toemaak,” sê Ramaphosa.

Ramaphosa sê die waardigheid wat hulle soek, is dieselfde waardigheid waarvoor Mlangeni sy hele lewe lank veg.

“Ek weet dit het hom erg ontstel om ons kinders in modderskole te sien, te sien hoe mans en vroue water uit vuil riviere skep en te sien hoe pensionarisse by betaalpunte slaap. Dit is ’n groot kommer . . . dat ons 26 jaar ná demokrasie nog nie ten volle aan die aspirasies van ons mense kon voldoen nie,” sê Ramaphosa.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Grondkwessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.