Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Magashule ‘is steeds die sekretaris-generaal’
Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, spreek die media toe ná die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat Dinsdag ten einde geloop het. Pres. Cyril Ramaphosa het op die afsluiting van die vergadering gesê Magashule sal die naweek voor die party se integriteitskomitee verskyn.
10 Des. 16:56:05

Dit is die einde van die nuuskonferensie.

10 Des. 16:55:55

ANC se R102 miljoen skuld, Zuma se stryd met Zondo

Mabe sê die party se tesourier-generaal hanteer nou die regskwessies rakende die ANC se skuld van R102 miljoen.

Magashule sal dus nie vrae daaroor kan beantwoord nie.

Magashule sê oudpres. Jacob Zuma se stryd met die Zondo-kommissie van ondersoek is nie deur die NUK bespreek nie.

Hy sê die ANC oorweeg dit om sy ontplooiing in sommige gebiede te versterk. ANC-leiers is ook van een gebied na ’n ander ontplooi om die party se werk daar te doen.

10 Des. 16:51:07

Top-ses besluit oor integriteitskomitee se aanbevelings

Op verdere vrae sê Magashule hy kan “niks sê oor die integriteitskomitee nie omdat ek nie hul besluit vooruit kan loop nie”.

Dit is egter die regte ding om te doen om voor hulle te verskyn. Die topses-leiers van die ANC sal besluit oor die aanbevelings van die integriteitskomitee.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, vra dat die media nie die proses vooruit loop nie.

10 Des. 16:48:03

Magashule ‘is steeds die sekretaris-generaal’

Magashule sê in antwoord op ’n vraag hy is steeds die sekretaris-generaal van die ANC en dit is waarom hy aan die NUK-vergadering deelgeneem het. Hy moes ook verslae daar inhandig.

Hy sê die ANC het ’n interne regsinfrastruktuur. Dit is waarom daar ook eksterne regsmenings vir die NUK-vergadering bekom is oor onder meer die resolusie dat lede wat aangekla word, opsy moet staan.

Hy sê dit is meer ’n politieke kwessie, maar dat daar binne die Grondwet ten opsigte hiervan opgetree moet word. Dit is wat die NUK besluit het.

Die mediaverklaring spruit uit die besluite wat die NUK geneem het.

Hy sê die integriteitskomitee doen goeie werk. “Die komitee het mans en vroue wat hul werk kan doen, as lede. Ons waardeer wat hulle tot dusver gedoen het. Hul werk sal voortduur.”

Magashule sê hy sal as ANC-lid vrywillig voor die komitee verskyn.

10 Des. 16:45:26

PAS BEKEND: Magashule sê hy verskyn vrywillig voor integriteitskomitee.

10 Des. 16:40:25

SAUK: ANC ‘is teen afleggings’

Volgens Magashule het die NUK ’n intense bespreking oor die SAUK gehad. Die NUK meen die SAUK moet as openbare uitsaaier in geheel versterk word.

Die ANC is teen afleggings gekant. Nie net by die SAUK nie, maar oor die algemeen.

10 Des. 16:38:41

Geskille moet nie in openbaar gelug word

Die NUK het ’n beroep gedoen op ANC-lede om nie hul geskille in die openbaar uit te blaker nie, omdat dit verdeeldheid in die party aanwakker.

Die ANC se Januarie 8-saamtrek word in 2021 in Limpopo gehou.

Die NUK het die verslag gekry oor die inwerkingstelling van die plan vir ekonomiese transformasie en herstel.

Dit sal verder met die alliansievennote bespreek word.

Die NUK het die verslag oor die keuring van kandidate vir ANC-raadslidposisies vir volgende jaar se plaaslike verkiesings, aanvaar. Dit sal in Januarie afgehandel word.

10 Des. 16:31:38

Sake oor apartheidsmisdade ‘moet gou afgehandel word’

Die NUK het ook die Waarheids-en-versoeningkommissie bespreek.

Daar is meer as 300 uitstaande sake van mense wat nog weens apartheidsmisdade vervolg moet word.

Dit is nou in die vervolgingsfase en sal geregtigheid en afsluiting gee aan die families van slagoffers van apartheidsmisdade.

Dit moet so gou moontlik afgehandel word.

10 Des. 16:29:51

ANC wil ook oor staatsdienssalarisse insette gee

Daar is ook gepraat oor die verhouding met die ANC se alliansievennote, sowel as hul standpunte oor die koronaviruspandemie, die land se energiesekerheid en ander kwessies wat met die alliansievennote bespreek is.

Die NUK het besluit dat die ANC betrokke moet wees by die staatsdiens-salarisooreenkoms. Die regering is daarby betrokke, maar die ANC wil self ook insette lewer.

10 Des. 16:28:18

Alle konferensies moet voor Augustus gehou word

Die NUK het besluit dat alle konferensies in alle takke, streke en in provinsies soos Mpumalanga, Noordwes, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap, tussen Januarie en Augustus volgende jaar gehou word.

ANC-lede het tot 15 Desember om hul lidmaatskap aanlyn te hernu of op te gradeer. Die NUK het kennis geneem dat die ANC se lidmaatskap toegeneem het.

Alle lede word aangeraai om hul lidmaatskap te hernu omdat dit gebruik sal word vir bogenoemde konferensies, sowel as die nasionale hoofraadsvergadering van die ANC wat veronderstel is om in Mei volgende jaar plaas te vind.

Oor Noordwes het die NUK kennis geneem van vorderingsverslae oor die party struktuur daar. Opvolgbesoeke sal aan die provinsie gebring word om alle uitstaande kwessies daar op te los.

Volgens Magashule sal daar ook gefokus word om die ANC-jeugliga te hervorm omdat dit deur radikale jong mense gelei moet word wat namens die jeug van die land kan praat en kan bydra tot die werk van die ANC en die lewe van mense in Suid-Afrika.

Die NUK het die omvattende vorderingsverslag oor die komende nasionale konferensie van die ANC-jeugliga wat in Maart moet plaasvind, verwelkom.

Meer oor:  Anc  |  Ace Magashule  |  Cyril Ramaphosa  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.