Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Argumente of Guptas in SA moet getuig of Dubai

  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping ondersoek onder meer die aantygings dat die Gupta-familie ’n onbehoorlike invloed op oudpres. Jacob Zuma gehad het.
  • Ajay Gupta is volgens berigte nie bereid om na Suid-Afrika terug te keer om voor die kommissie te getuig nie, maar sal dit op video doen.
  • Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê waar mense genoem word in getuienis, word hulle vooraf deur die kommissie in kennis gestel.
  • Dit kan met verdere vrae tydens getuienis gebeur dat nog name deur die getuie genoem word. Die kommissie se regspan sal dan die partye in kennis stel.
06 Sep. 16:16:28

Maleka sê die volgende getuie sal Maandag getuig, maar die kommissie het ander werk om Vrydag te doen.

Zondo stel die kommissie uit tot Maandag om 10:00.

06 Sep. 16:14:04

Hellens sê die kommissie sal nie tot 'n volledige gevolgtrekking kan kom sonder die Guptas se getuienis nie.


06 Sep. 16:12:28

Volgens Hellens is daar nooit vanaf sy kliënte se kant af gesê die kommissie van ondersoek moet verskuif word na Dubai nie - een mens kan gaan en dan kan die Guptas van daar af getuig.

06 Sep. 16:10:02

Hellens, namens die Guptas, antwoord nou.

06 Sep. 16:03:35

Adjunkhoofregter Zondo sê veral Ajay Gupta word ernstig geïmpliseer en hy wil baie graag hê dat Ajay sy saak kom stel voor die kommissie.

Daar is kwessies van ernstige aard wat Zondo in ag moet neem wanneer hy Ajay Gupta die geleentheid gee om te kruisondervra.

Hoe kan hy aan die een kant die regstelsel gebruik om te mag kruisondervra, maar aan die ander kant dit op sy eie terme wil doen.

06 Sep. 15:56:05

Adv. Azar Bham, wat namens Themba Maseko optree, vra ook dat die Guptas nie toegelaat word om vanuit die buiteland te getuig nie.

Hy het gesê indien daar gevind word dat die Guptas verkeerd opgetree het, sal wetstoepassers hulle nie daar in die hande kan kry nie.


06 Sep. 15:49:24

Adv. Nicole Lewis, wat Vytjie Mentor se regsverteenwoordiger is voor die kommissie, sê een van die kwessies wat nog in ag geneem moet word is gelykheid voor die hof.

Dit sal ongrondwetlik wees indien die Guptas toegelaat word om van buite die land te getuig.

06 Sep. 15:36:19

Adv. Cockrell sê namens Jonas dat hy op dieselfde voet wil wees as diegene wat hom wil kruisondervra.

Jonas moet toegelaat word om die verklarings te kry van diegene wat hom wil kruisondervra voor hulle dit doen.


06 Sep. 15:29:54

Cockrell sê Lynne Brown word nie in Jonas se getuienis geïmpliseer nie. Hy

het bloot getuig dat haar naam genoem is toe hy by Saxonwold was. Jonas het nie getuig wat van Brown gesê is nie.

Brown was ook nie daar op die toneel nie, so sy kan dit nie in dispuut plaas nie.

06 Sep. 15:26:30

Adv. Alfred Cockrell SC wat namens Mcebisi Jonas optree voor die kommissie. Foto: Deaan Vivier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.